Logo
Sara se geheim
web uni tv guide

Sara se Geheim

144Drama7
Johan Vermeulen

Johan ‘Johnny’ Vermeulen

Sara se oudste seun. Getroud met Nicola. Hulle het een kind, Inge. Sy was ’n glips. Sy skoonma is Marie du Toit.

Johnny is op veertienjarige ouderdom van sy familie weggeruk, wat sy lewe handomkeer verander het.

Johan se lewe word ’n tweede keer onherroeplik verander as hy Nicola op universiteit ontmoet. Sara (wat hom in die geheim besoek) is bekommerd dat die waarheid oor sy ras gaan uitkom.

Dan word Nicola onverwags swanger en hy wroeg oor of hy haar moet vertel, maar teen die tyd is hy minder oortuig dat dit die regte ding sal wees.

Johan het senuwees van staal. Dit stel hom in staat om, ten spyte van sy innerlike konflik, skynbaar onversteurd te wag om te sien hoe die natuur sy kind gaan oplewer. Dan word Inge, ’n pragtige blonde dogtertjie, gebore en die leuen kan voortleef.

 En so verander die gewigtige geheim Johan met die jare saam na ’n afgeslote, bot man; ’n man wat Nicola meesal nie erken as die man waarop sy verlief geraak het nie. Nicola verstaan nie wat’s fout nie en hoe meer sy probeer verstaan, hoe verder stoot hy haar weg.

Sy vermoë om sy gevoelens weg te steek en sy senuwees van staal, kom hom goed te pas in die sakewêreld. Hy is die toonbeeld van ’n suksesvolle sakeman wat met groot geld werk.

Sy innerlike konflik en die leuen wat hy lewe maak hom huiwerig om oop te maak teenoor mense.  Hy is selfversekerd en kan gemaklike sosiale en besigheidsverhoudinge aanknoop, tog hou hy almal op ’n veilige afstand.