Logo
Sara se geheim
web uni tv guide

Sara se Geheim

144Drama7
Ebert Geldenhuys

Ebert Geldenhuys

Sanel se man. Johan se sakevennoot.

Ebert was nog altyd die vriend wat almal na toe gehardloop het as hulle ongelukkig of in die moeilikheid is omdat hy so emosioneel beskikbaar is. Hy het ’n hoë vlak van emosionele intelligensie.

Hy hou daarvan om teenwoordig te wees in alle aspekte van sy lewe. Hy is baie oplettend en sensitief. Hy is die tipe persoon wat nie net vir iemand blomme sal gee nie, maar sal oplet van watter blomme ’n vrou hou. Kommunikasie is ’n sterkpunt vir hom – in kontras met Johan, wat voordelig is vir hulle in besigheid. Hy is ’n individu met sterk leiereienskappe. Hy is ook ’n bekwame fietsryer – dis sy ontspanning.