Logo

Toks en Tjops: Sportmal Breyty

Nuus
15 Februarie 2018
Breyton Paulse raak liries oor die groot sportgebeure wat voorlê.
ToksnTjops_Breyten

FOTO: Verskaf

Ons het hom van ’n afstand af bewonder as Bokvleuel tot hy weekliks in ons sitkamers begin kuier het. Breyton Paulse, oftewel Breyty, het as't ware volksbesit geraak ná hy aangesluit het by die informele kletsprogram Toks en Tjops tesame met TV-aanbieder en radiopersoonlikheid Janina Oberholzer en oud-Springbok Toks van der Linde. Hier bespreek hul weekliks die jongste rugbygebeure, braai en sing saam. Breyton het sy gedagtes rondom van die grootste sportgebeure in die wêreld met ons gedeel. 

1. Statebondspele 2018: Suid-Afrika wou graag die gasheer wees vir 2022. Dink jy ons het die nodige infrastruktuur?
Natuurlik het ons die infrastruktuur en dis regtig jammer dat ons dit nie kon kry nie, die blootstelling en finansiële inspuiting sou great wees.

2. Sokker Wêreldbeker 2018: Bafana Bafana speel ongelukkig nie in hierdie een nie. Wie ondersteun jy en hoekom?
Ja, eks nogal ’n groot sokkerondersteuner. Ek ondersteun Bafana Bafana, maar Barcelona as ’n klub. Ek sal nooit vir ’n ander land skree nie, hoewel Bafana my baie mismoedig maak.

3. Winter Olimpiese Spele 2018: Wat is jou gunsteling-sport?
Ek geniet nogal die ski, ek het self bietjie al ’n paar keer gaan ski en ek vind die vaardighede ongelooflik interessant.

4. Ryder Cup: Speel jy gholf? Wie dink jy staan die beste kans om hierdie jaar se Ryder Cup te wen as alles volgens plan verloop?
Ja, ek was ’n groot gholfer, maar kyk nogsteeds baie. Ek dink Amerika is gunstelinge, maar Europa is baie kompeterend – dit gaan ’n cracker wees, sien baie uit!

5. Tour de France: Wat is jou gunsteling ry-tegniek en in watter span?
Ja, fietsry is my nuwe passie. Ek werk hard daaraan om beter te raak op bulte. Ek hou van Team Sky en hoe Bulle dinge benader, maar daar’s altyd drama so sien baie uit daarna!

Wat is jou gunsteling-sportsoort? Gebruik die hutsteken #ToksnTjops en gesels saam!