Logo

Op die Spel: Terug vir nommer twee!

Nuus
07 Desember 2016
kykNET se speletjiesprogram Op die Spel is vanaf 9 Januarie 2017 terug op die kassie.
Op die Spel S2

kykNET se speletjiesprogram Op die Spel is vanaf 9 Januarie 2017 terug op die kassie!

Die doel van dié spel-speletjie is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar om in die proses algemene kennis, idiome en kreatiwiteit toets – alles in Afrikaans.

Rian van Heerden, van JacarandaFM, is weer die aanbieder en waarborg humor, spitsvondige opmerkings en vermaak uit die boonste rakke. Gerhard van Huyssteen is weer die beoordelaar.

Vir vier deelenemers is daar elke week sakke vol geld en baie prestige “op die spel” – en na 13 weke sal die algehele Op die Spel-kampioen gekroon word.

Ons skop die nuwe seisoen af met vier bekendes! Tracey Lange, Lizz Meiring, Elma Smit en Willem Botha kom toets hulle spelkennis, en alle wengeld gaan aan die Teaterbystandsfonds.

Inskrywings om deel te wees van seisoen twee het reeds gesluit. 

Skakel in vir die nuwe seisoen van Op die Spel, Maandae om 20:30 – slegs op kykNET.