Logo

Op die Spel 3: Skryf in!

Nuus
30 Julie 2017
Grawe die strydbyl uit – dalk kan jy die vaandel dra as Afrikaans se beste taalgeneraal!
Op die Spel 3 CTE

Op die Spel is kykNET se gewilde spel- en taalspeletjieprogram, en is binnekort terug met ’n splinternuwe seisoen!

Hoërskool- en laerskooldeelnemers gaan die geleentheid kry om mekaar die stryd aan te sê en swaarde te kruis. PLUS ’n baie spesiale studente-episode gaan uitgesaai word, waar 4 van die beste spellers op universiteit die kans gaan kry om te wys wie is die bobaas-speller op Suid-Afrika se kampusse.

Grawe die strydbyl uit – dalk kan jy die vaandel dra as Afrikaans se beste taalgeneraal, hetsy op laerskool, hoërskool of universiteit. Soos gewoonlik is daar groot pryse op die spel.

Inskrywings word aanlyn gedoen met ’n spel- en taaltoets by www.opdiespel.tv (lees ook die bepalings en voorwaardes hier onder).

Maak gou en skryf nou in – inskrywings sluit op 15 September 2017 en opnames vind plaas vanaf einde September in Johannesburg.

Bepalings en voorwaardes

  1. MULTICHOICE en Homebrew Films, en hul personeel, direkteure en filiaalmaatskappye is die “vervaardigers” van die “Op die Spel”-speletjiesprogram wat aan die volgende bepalings en voorwaardes onderhewig is.
  2. Jy mag nie ’n kriminele rekord hê nie.
  3. Jy sal vooraf ’n oudisie/toets deurgaan, en die besluit oor of jy na die volgende rondte/oudisies kan deurdring, is finaal. Geen versoeke om weer na die oudisies te kyk, dit te herhaal of om die finale besluite te bespreek, sal toegestaan word nie.
  4. Jy gee toestemming dat die inligting wat jy verskaf tydens die registrasie vir “Op die Spel” met die vervaardigers gedeel mag word.
  5. Jy stem toe dat die vervaardigers jou optrede en voorkoms mag vaslê tydens die massa-oudisies, asook enige ander beeldmateriaal met of sonder klank waarop/waarin jy verskyn. Hierdie beeldvaslegging kan in enige media gemaak word of vasgelê word (bv. op televisie, in rolprente, op foto’s, op videobande, ens.) waarop jou optrede gedeeltelik of as ’n geheel opgeneem of vasgelê is, insluitend enige reproduksie of aanpassing daarvan, asook die uitsaai daarvan, soos verstaan word in gevolge die Wet op die Beskerming van Kunstenaars, 11 van 1967 (soos periodiek hersien). kykNET se program “Op die Spel” kan besluit waarvoor die beeldmateriaal gebruik word, soos bv. vir die promosie van die program “Op die Spel” na die aanvang van die oudisies vir die program.
  6. Jy stem toe dat die vervaardigers namens kykNET die enigste en eksklusiewe reg het om die materiaal waarop die optredes verskyn, te gebruik, eksploiteer, publiseer, reproduseer, of op enige ander manier te gebruik vir of in verband met die bemarking, verspreiding, produksie en verkope van “Op die Spel”, in ewigheid en wêreldwyd.
  7. Jy doen afstand van enige morele regte wat jy mag hê in verband met die optredes en die uitsaai daarvan.
  8. Die vervaardigers en kykNET is onder geen verpligting om die geheel of enige deel van jou optrede in “Op die Spel” te gebruik of uit te saai nie.
  9. Die vervaardigers mag veranderinge, aanpassings en aanvullings maak, of andersins die optredes volgens hul diskresie redigeer.
  10. Jy is nie geregtig op enige betaling of betrokkenheid hoegenaamd met betrekking tot jou deelname of jou optrede of die uitsaai of gebruik daarvan nie.
  11. Soos dit nodig is, wys jy nou jou regte toe en dra jy al jou regte oor en maak jy jou regte, titel en belangstelling tot en in die optredes oor aan die vervaardigers, sonder enige betaling.
  12. Die vervaardigers sal jou werklike reiskoste teen voorgeskrewe tariewe vergoed. Jy sal self verantwoordelik wees vir al jou eie verblyf- en ander kostes, asook vir jou eie reis- en verblyfreëlings van en na die ateljee in Randburg, Johannesburg vir een of meer opnamesessies.
  13. Jy sal in die openbaar moet optree en deelneem aan aktiwiteite soos deur die uitsaaier en vervaardigers bepaal word.
  14. Jou gedrag moet te alle tye en in alle fases van “Op die Spel” onberispelik wees. Enige wangedrag, soos wat bepaal sal word deur die vervaardigers, sal tot diskwalifikasie lei.
  15. Jy spreek die vervaardigers en hul agente, verteenwoordigers, asook enige kunstenaars of onafhanklike kontrakteurs soos deur die vervaardigers aangestel, vry van enige en alle eise of regsvordering van enige aard of soort wat voortspruit uit jou inskrywing en/of optredes. Jy doen afstand van enige eise wat jy mag hê, van watter aard ook al teen die uitsaaier, vervaardigers en/of hul agente, wat voortspruit uit jou deelname aan “Op die Spel”.
  16. Geen van die vervaardigers of hul onderskeie advertensie-, promosie-, media- of skakelmaatskappye sal op enige moontlike manier aanspreeklik gehou word vir enige verlies, onkoste, skade of besering wat jy mag opdoen as gevolg van enige optrede met of in verband met “Op die Spel” of die pryse wat aangebied word nie.
  17. Jy verklaar dat jy die kapasiteit het, of indien jy minderjarig is dat jy die nodige toestemming van jou ouers/voogde gekry het, om toe te stem tot hierdie bepalings en voorwaardes. Jy verklaar voorts dat jy magtiging en toestemming het om deel te neem aan “Op die Spel” en om te voldoen aan hierdie bepalings en voorwaardes, en deur dit te doen, jy nie inbreuk maak op die regte van enige ander persoon nie. Jy verklaar verder dat die inligting wat jy aan die vervaardigers verskaf het, waar, korrek en akkuraat is. Die vervaardigers kan jou diskwalifiseer indien jy enige van die bostaande waarborge verbreek.
  18. Die kompetisie is nie oop vir deelname nie deur direkteure, lede, vennote, agente, werknemers, konsultante van Multichoice en/of enige geaffilieerde maatskappye, agentskappe, geassosieerdes, vennoot en/of enige verskaffers van goedere of dienste wat verband hou met die kompetisie; of die gade, lewensmaat, sakevennoot of assosiaat of die natuurlike of aangenome ouer, kind, broer of suster van enige van die persone wat hierbo gespesifiseer is.
  19. Deur deel te neem aan “Op die Spel” aanvaar jy en onderneem jy om te hou by hierdie reëls, bepalings en voorwaardes soos hier uiteengesit, en enige ander reëls en voorwaardes wat die uitsaaier en vervaardigers van tyd tot tyd mag uitreik in verband met die oudisietydperk, verdere fases van en deelname aan “Op die Spel”.
  20. Hierdie bepalings en voorwaardes is onderhewig aan Suid-Afrikaanse wetgewing en die Suid-Afrikaanse howe het die eksklusiewe en enigste jurisdiksie ten opsigte van enige aangeleentheid (insluitende ’n dispuut) wat hieruit voortspruit.