Logo
Op die Skouers Show Bill
web uni tv guide

Op Die Skouers Van Reuse

144SportprogramFamilie
Op die Skouers About Poster

Oor die program

Op die Skouers van Reuse is ’n blik in die lewe van ons land se grootste sportsterre en hulle liefdadigheidsorganisasie.

S1 | E13
27 Desember 17:30
'S1/E13'. Chris Rossouw was deel van die legendariese 1995 Bokspan en is nou boer en besigheidsman. Ons gaan kuier by ho...

Gewild

Skouers van Reuse: Rolmodelle

News
18 Oktober 2017
Op die Skouers van Reuse bied ’n blik in die lewe van die land se grootste sportsterre en hulle liefdadigheidsorganisasie.
Skouers Reuse Rolmodel

Op die Skouers van Reuse-aanbieder Estel Cronje meen die doel van dié sportprogram is om vir elke Suid-Afrikaner te wys dat daar nog rolmodelle is – “reuse op wie se skouers jy kan staan”.

Estel en mede-aanbieder Hennie Koortzen maak elke week ’n draai by ’n sportster of “reus”, en vind meer uit oor die liefdadigheidsorganisasie waarby elkeen betrokke is.

Kagiso Rabada
In episode twaalf stel die Protea-krieketspeler, Kagiso Rabada, ons voor aan The Pipeline, een van die ontwikkelingspanne waarby die Highveld Lions betrokke is. 

Kyk die video hier onder:

Pierre le Roux
In episode elf loer ons in by Suid-Afrikaanse waterpolo-kaptein Pierre le Roux. Pierre het nie toegelaat dat ’n motorfietsongeluk sy drome stuit nie. Ons klop saam met hom aan by Hearts of Hope.

Luister hier na ’n klankgreep van 13 Desember se gesprek met Pierre op Pretoria FM:

Franco Smith
In episode tien besoek ons Franco Smith. Hy is bekend vir sy vaardighede as rugbyspeler én afrigter, plaaslik en internasionaal. Ons vind meer uit oor die Sunflower Children's Hospice in Bloemfontein wat hy ondersteun. 

Luister hier na ’n klankgreep van 4 Desember se gesprek met Franco op Pretoria FM:

Kyk ook na dié video:

Kirsten McCann
Kirsten McCann het ‘n vyfde plek behaal by Rio 2016. By die 2017 Wêreld-roei-kampioenskap het sy goud gewen en is die eerste Suid-Afrikaanse roeier om ’n wêreldtitel te verower. In episode nege van Op die Op die Skouers van Reuse besoek ons saam met Kirsten die Soweto Rowing Club, ’n organisiasie na aan haar hart saam met haar.

Luister hier na ’n klankgreep van 29 November se gesprek met Kirsten op Pretoria FM:

Jared McIntyre
’n Duik-ongeluk het gimnas, Jared McIntyre, in ’n rolstoel laat beland. Vandag is hy die kaptein van die Mustang-rolstoelrugbyspan. Jared wil vir mense wys hoe rolstoelrugby mense se lewens kan verander.  In episodse agt van Op die Skouers van Reuse besoek ons die twee organisasies waarby Jared betrokke is; Tswellang Special School en Jean Webber Home.

Luister hier na ’n klankgreep van 22 November se gesprek met Jared op Pretoria FM:

Mignon du Preez
In die sewende episode van Op die Skouers van Reuse besoek ons kamera's Mignon du Preez. Sy het op 17 reeds haar debuut vir die nasionale krieketspan gemaak en ook al talle rekords laat spat. Sy gee terug waar sy kan en ons besoek Toys for Africa saam met haar.

Luister hier na ’n klankgreep van 15 November se gesprek met Mignon op Pretoria FM:

kykNET se digitale-span het by Mignon gaan inloer – kyk die video hier onder:

Johan Fourie
Drie en vyftig droommyl-wedlope later en Johan Fourie steek steeds die land aan die brand met sy passie en liefde vir atletiek. In die sesde episode neem hy en sy vrou, die voormalige Springbok-naelloper Marinda Fourie, ons na die atletiekbaan waar hulle ’n langasem-oefengroep genaamd Dog Squad vir atletiek, sowel as vir die lewe afrig. 

Hier is ’n klankgreep van 1 November se gesprek met Blanco op Pretoria FM:

Kyk ook hierdie video:

Branco de Preez
Die blitsbok, Branco du Preez, wat in meer as vyftig wêreldreeks-toernooie gespeel en meer as ’n duisend punte aangeteken het, het in episode 5 sy hart oopgemaak oor sy familie en sy loopbaan. ’n Organisasie na aan sy hart is Be The Difference Foundation.

Hier is ’n klankgreep van 1 November se gesprek met Blanco op Pretoria FM:

Kyk ook hierdie video:

Pierre Coetzer
Die steeds vlugvoetige bokser en voormalige Suid-Afrikaanse swaargewig-kampioen, Pierre Coetzer, wat tydens sy boksloopbaan bykans al sy gevegte gewen het, gesels dié week kaalvuis oor sy lewe en sy loopbaan. As voormalige professionele sportman verstaan hy die belang van ’n gesonde dieet en hy stel ons voor aan die span by die organisasie, Feed a Child.

Hier is ’n klankgreep van 25 Oktober se gesprek met Roland op Pretoria FM:

Kyk ook hierdie video:

Roland Schoeman
In episode 3 het die span by die trots Suid-Afrikaanse en legendariese swemmer, Roland Schoeman, ingeloer. Sy hart lê deesdae nie net by die ontwikkeling van jong swemmers nie, maar ook by die goue hart van die organisasie, Golden Retriever Rescue SA.

Hier is ’n klankgreep van 18 Oktober se gesprek met Roland op Pretoria FM:

Kyk ook hierdie video:

Neil Powell
Die Springbok-sewesafrigter Neil Powell is episode 2 se sportreus. Hy ondersteun die organisasie Matla A Bana.

Luister hier na ’n klankgreep van 11 Oktober se gesprek met Neil op Pretoria FM:

Kyk ook hierdie video:

Elana Meyer
Die Olimpiese medaljewenner en wêreldrekordhouer Elana Meyer, by wie die span in episode 1 ingeloer het, is die mede-stigter van die organisasie Endurocad.

Luister na dié klankgreep van 4 Oktober se gesprek oor Elana op Pretoria FM:

Kyk ook dié video:

Op die Skouers van Reuse word elke Woensdag om 17:30 op DStv-kanaal 144 uitgesaai. Gesels saam op sosiale media by #SkouersVanReuse.