Logo
OSB Kie Slim
web uni tv guide

Ons Sprokiesbruilof

145RealiteitsprogramPG
Sorina Erasmus

Sorina Erasmus

Sorina is ’n kunstenaar, sanger, liedjieskrywer en aktrise, bekend vir haar rol in 7de Laan as Witbank se Flooze, maar in die werklike lewe is sy ’n kunstenaar wat nie net toneelspeel nie, maar ook sing en haar eie musiek skryf.

Sy is welbekend in die Afrikaanse musiekwêreld en het verskeie toekennings ontvang vir haar twee albums getiteld Hoezit my tjomma en Ek watch jou.

Met haar nuwe album, HOOFLETTERS, beweeg sy weg van die Flooze-beeld en wys sy die regte Sorina.

“Hoofletters” is een van die mees gewilde liedjies van 2016 en het die nommereen-posisie op verskeie radiostasies se top 10-trefferlyste gehaal. Hiermee wys Sorina dat sy ’n uitsonderlike talent en toekoms as kontemporêre sangeres het.

Sorina spog met ’n meestersgraad in regte agter haar naam, en sy verras mense met haar ernstigheid en opregte menswees; bewyse dat sy maar net ’n gewone vrou, Mamma en mens met ’n geseënde sangtalent is. Haar nuwe album sal elke hart raak met die diepte en dimensie.