Logo
OSB Kie Slim
web uni tv guide

Ons Sprokiesbruilof

145RealiteitsprogramPG

Ons Sprokiesbruilof: Klankbaan vir liefde

Nuus
28 Junie 2017
Pieter Koen deel sy gunsteling treffers vir die groot oomblikke voor, gedurende en ná ’n bruilof.
Ons Sprokiesbruilof Pieter Koen

Die paartjies op Ons Sprokiesbruilof – en elders – besluit nie net in ’n japtrap om met mekaar te trou nie. Hulle gaan deur allerhande opwindende fases van die liefde voordat hulle voor die kansel gaan staan. Jukebox-aanbieder, Pieter Koen, het vir ons ’n klankbaan saamgestel om gepaste agtergrondmusiek te verleen aan die spesiale oomblikke.

Musiek wat gepas is vir die eerste date.
Ed Sheeran – “Thinking out loud”  “

Lied om haar te sê jy is lief vir haar, as jy te skaam is.
Bon Jovi – “Bed of roses”

Lied om jouself die moed te gee om haar te vra om te trou.
Survivor – “Eye of the tiger”

Lied om haar te laat “ja” sê as jy die groot vraag stel.
ABBA – “Take a chance on me”

Lied om die verlowing mee te vier.
Kurt Darren – “Hemel op Tafelberg”

Lied om die senuwees te kalmeer voor die bruilof.
Queen – “I want to break free”

Ongewone, maar tydlose lied, om in plek van die troumars te speel.
Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
Billy Idol – “White wedding”

Lied vir die paartjie om by die onthaalsaal in te loop.
Anton Goosen – “Pasgetroud”
Black Eyed Peas – “I gotta feeling”

Musiek wat gepas is tydens ete.
Francois Hayes – “Osbraai op Kromdraai”

Lied om die dansbaan mee te open.
MC Hammer – “U can’t touch this”

Lied om al die trougaste na die dansbaan te lok.
Pieter Koen – “Skud jou biscuit”

Lied vir die beste vasdans (slow dance).
Bryan Adams – “Please forgive me”
Bangles – “Eternal flame”

Lied vir die lekkerste sakkie-sakkie.
Klipwerf – “Warm snare”

Lied  vir wanneer almal wil partytjiehou en hulle litte losmaak (al weet sommiges van hulle nie eers hoe om te dans nie).
Pieter Smith – “Stukkie van der Merwe”

Lied om die aand mee af te sluit (die toemaak van die dansbaan).
Die Broers – “Huistoe”

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op FacebookTwitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).