Logo

Ons Sprokiesbruilof: Christo en Ella

Nuus
23 Maart 2017
Ella Hiles (31) van Pretoria trou in vandeesweek se episode van Ons Sprokiesbruilof met haar eerste liefde, Christoffel Jansen van Vuuren (33).
OSB_Ontmoet Ella_Christo

Ella Hiles (31) van Pretoria trou in vandeesweek se episode van Ons Sprokiesbruilof met haar eerste liefde, Christoffel Jansen van Vuuren (33).

Die ontmoeting

Ella was 13 jaar oud en Christo 15 toe hulle begin kys het. “Die Groot Man daar bo het ander planne gehad,” sê Ella, wat meen sy en Christo het 12 jaar sonder mekaar nodig gehad om “op ander plekke” te gaan grootword.

Sy het na skool in Engeland gaan werk, waarna Christo gevolg het. Toe Ella uitvind dat Christo ook in Engeland is, het sy koers gekies terug Suid-Afrika toe. “Weggehardloop,” lag Christo. “Maar nou het ek haar gekry.”

Christo het in 2015 vir die eerste keer in nege jaar teruggekeer en wou vir Ella by die lughawe ontmoet om te groet. Toe Ella hom sien het die trane geloop en sy het geweet: Sy het dié man lief.

In 2016 het Christo finaal huis toe gekom en die twee het ’n kleinding op pad. Ella het reeds ’n driejarige dogtertjie. “Hy is ’n baie goeie pa,” sê sy.

Die troue

Ella wou in die hof trou, maar Christo het teengeskop: Hulle moet dit ordentlik doen; hulle wag al lank vir die groot dag.

Hulle kies swart en rooi vir hul spesiale dag.

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op Facebook, Twitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).

Herhalings word op Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30 en Woensdae om 11:00 uitgesaai.