Logo

Ons Sprokiesbruilof: Nikus en Irma

Nuus
20 April 2017
Irma Bezuidenhout (23) trou vandeesweek met Nikus Geldenhuys (23), haar hoërskoolliefde.
OSB Irma Nikus Bill

Die ontmoeting

“Nou is dit tyd om te trou,” spot Nikus Geldenhuys (23), wat vir Irma Bezuidenhout (23) op hoërskool ontmoet het.

Die paartjie is al agt jaar saam en Irma beskryf hulle as “beter as Lily en Marshall van die televisiereeks How I met your mother.”

Sy sê: “Ons het ’n baie spesiale liefde en is al deur dik en dun saam.”

Die verlowing

Nikus en Irma is avontuurlustig en tandem-kabelsprong by die Big Swing in Graskop is iets wat hulle nog altyd graag saam wou doen. Kort ná hulle sprong in Februarie 2016, het Nikus die groot vraag gevra.

Die oomblik is selfs in ’n video op Youtube vasgevang!

Die troue

Die paartjie se troue het ’n plaastema. Hulle het ’n jaar gewag voor die groot dag, sodat hulle alles haarfyn kon beplan en kon spaar, vertel Irma.

The Corn & Cop buite Middelburg is die perfekte venue vir hul buitetroue, en die paartjie hoop die weer gaan saamspeel.

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op FacebookTwitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).