Logo
MMF

Tarryn Lamb

Die gewilde Tarryn Lamb het gehore landswyd op hulle voete met treffers soos “Vier Woorde” en “Mal Oor Jou”. Dié veelsydige sangeres is ’n vars briesie in die Afrikaanse musiekbedryf.
Haar album, _Mal oor jou_, bevat veertien snitte, waarvan die meeste daarvan uit die bekroonde liedjieskrywer Johan Oberholzer se pen kom. Die lirieke het dus baie betekenis, en haar aanhangers vind dus aanklank hierby.
Haar besonderse vertolking van Laurika Rauch se treffer, “Blouberg se Strand”, laat luisteraars in meevoering.
Musiek is deel van haar wese en haar groot deurbraak in die musiekbetryf was as hoofsanger van die gewilde popgroep BlackByrd.
Vanaf 2013 tot 2017 het dié groep sewe SAMA-benoemings ontvang, met agt top-10 radio-enkelsnitte, wat onder meer “All for Me”, “From the bottom of my heart” en “I love you, I just simply do” insluit.
Tarryn het ook onlangs kykers vermaak op die TV met haar rol as Kim Adams in die gewilde sepie Suidooster – hiervoor het sy ‘’n SAFTA-toekenning ontvang.

Light_Lounge_Studio-525__1554897207_155.93.171.134