Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

Tarryn Lamb word deel van die Maak my famous-span

Nuus
13 Februarie 2019
Lees meer.
Light_Lounge_Studio-521

Emo Adams het hierdie week bekend gemaak dat ’n vriendin uit sy kinderjare, Tarryn Lamb, sy mede-aanbieder gaan wees in die nuwe realiteitsreeks, Maak my famous, wat in April op kykNET uitsaai.

Emo het in Oktober 2018 ’n veldtog, ‘Wys my jou Talent’, op sosiale media geloots waar hy mense gevra het om videos van hul talente vir hom te stuur. In die proses het kykNET aanboord gekom en saam is daar besluit om Emo se konsep in ’n realiteitsreeks te verander. 

“Die beste ding tot nou is dat ek dit kan deel met ’n childhood friend wat nou ’n iconic figure in die musiekbedryf geword het. Die feit dat sy saam met my op die journey is. Sy was ook op ’n stadium in haar lewe net ’n meisie van Ocean View met ’n droom. Dieselfde soos ek ’n seuntjie van Mitchell’s Plain was met ’n droom. Sy sal meer as enigiemand weet waardeur die kinders gaan,” het Emo gesê.

Saam met hierdie nuus het hy ook bekend gemaak dat die publiek die kans kry om deel te wees van die proses.

“Die hele show gaan oor die gemeenskap se kinders wat nooit die geleentheid gekry het om hul talente af te show nie.”

Die gemeenskappe kry nou die geleentheid om self te stem vir wie hulle dink goed genoeg is om na die volgende rondte deur te dring. Daar is nie beoordelaars nie. Net die publiek wat kaartjies gekoop het en wat in die gehoor sit het die geleentheid om te stem. 

Sitplekke is beperk tot net 100 sitplekke per opname. Opnames begin 19 Februarie tot 7 Maart by die Roxy Revue Bar in Grandwest Casino. Kaartjieverkope open binnekort teen net R50 ‘n kaartjie. Hou kykNET se sosiale media platforms dop vir meer inligting.

“Die show gaan mense wegblaas. Die hele journey was tot dusver baie emotional en overwhelming. Uit die talent wat ons gesien het tussen al die 6000 entries, het die mense se stories en agtergrond my die meeste geraak.”

Maak my famous begin op 18 April om 20:00 op kykNET en 21:00 op kykNET&kie.