Logo

’n Kaapse draai! – Maak My Famous

Nuus
13 Junie 2019
Lees meer.
Kaapse draai

In vandeesweek se aflewering van Maak My Famous het die die top-8 hulde aan klassieke Afrikaanse liedjies gebring, en die gehoor moes weereens besluit wie huis toe gaan en wie in die kompetisie moet bly. Jack Parow het ’n spesiale verskyning gemaak, met ’n vertoning van sy treffer “Cooler as ek”.



Die aand was afgeskop met die manlike sang-kategorie, en Cheswyn Ruiters, wat op die ouderdom van 10-jaar begin sing het, het hulde aan Gé Korsten met sy weergawe van dié legende se liedjie “Liefling”. Kyk hier na die volledige optrede.

In episode 6 het Emo sy laaste Emo-ticket op haar gebruik het, en dié week het Jolene Slingers gesweef soos ’n arend, maar ongelukkig het haar weergawe van dié Mynie Grove-treffer vir haar ’n plek in die top-7 gekos. Kyk hier na haar heel eerste optrede op Maak My Famous.



Na Jolene se optrede het Ian Bredenkamp egter gesê hy het hoendervleis. “Dis vir my beautiful om te sien hoe jy dit geniet het. You were into it, en toe pik jy ’n traantjie. It looked like a musicvideo tonight. That’s what is meant to be...

KYK OOK: JOLENE EN JESMONÉ SE “BEAUTY AND THE BEAST” SAL ONS VIR LANK NOG BYBLY 

Die derde talent aan die beurt was die komediant, Rezah Forbes, wat in graad 5 by ’n skoolkonsert toevallig vir iemand moes instaan wat dit nie kon maak nie. Hy vertel dat dit daarna ’n jaarlikse inrigting geword net. Sy vlymskerp skets oor Afrikaans het die gehoor so beïndruk dat dit vir homself ’n plek in die top-7 gewaarborg het. Kyk hier na sy komiese verduideliking van Afrikaans.

Volgende aan die beurt was Jesmoné Damonse, en sy weergawe van dié Sonja Herholdt-treffer, “Jantjie”, het heimwee van die verlede na die verhoog gebring. Ken jy die woorde? Kliek hier en kyk na sy pragtige vertoning.

Hierna was Megan Danner aan die beurt met ’n onvergeetlike vertoning van Nádine se “Kaapse Draai”. Sy het verduidelik: “Musiek is iets wat my dra. Ek kan my emosies uitbeeld in musiek. Ek het nog altyd.” Kyk weer hier na haar optrede.

The Unknown was reeds oppad huistoe in episode 7, maar sedertdien het Emo vir dié dansgroep ’n tweede kans gegee. En hierdie week het hulle nie teruggehou nie, met danspassies op die ritme van Kurt Darren en Robbie Wessels se liedjies. Kyk hier. 

In die spesialiteits-kategorie het SA Ensemble nuwe lewe in Laurika Rauch se goue oue “Mannetjies Roux” ingeblaas. Hulle aanpassing het die gehoor op die punte van hul stoele gehad. Selfs Tarryn Lamb was ingeroep vir dié vertoning om as Juffrou Lamb op te tree en Afrikaanse lesse vir dié groep aan te bied. Herleef dié vertoning weer hier. 

Laaste aan die beurt was Bernice West. Sy het die Emo-ticket in episode 2 ontvang, en het sedertdien gegroei van krag tot krag. Na afloop van haar energieke vertoning van Anneli van Rooyen se “Neem my op Vlerke”, het Ian Bredenkamp gesê: “Jy is soos ’n verkleurmannetjie: Jy verander week na week. Ek is nie seker wie jy is nie, maar dalk doen jy volgende week iets ander.” Emo het egter bygevoeg: “Jy is ’n rockstaar. Klaar!” Kyk weer hier na haar optrede. 

Volgende week sing die top-7 liedjies wat vrygestel is in hulle geboortejaar. Die Grammy-bekroonde groep ALL-4-One en Sasha-Lee Davids verras ook die gehoor met van hul grootste treffer – kyk hier.

Onthou, ons gee jou nou die geleentheid om jou gunsteling deelnemer vanuit die top-48 te laat terugkeer vir die regstreekse finaal van Maak My Famous wat op 11 Julie uitgesaai word. Stem hier.  

Wat het jy van dié week se optredes gedink? Maak geraas op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #MaakMyFamous en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in op DStv-kanaal 144 en 21:00 op DStv-kanaal 145.