Logo

Megan benut elke oomblik – Maak My Famous

Nuus
04 Julie 2019
Ons kyk terug op Megan se Maak My Famous-reis.
Megan Danner

FOTO: Light Lounge Studio

Sy kan klavier en die ukulele speel, is ‘n derdejaar BSc Dieëtkunde aan NWU, maar daar is een ding wat die 20-jarige Megan Danner graag wil doen – om Maak My Famous te wen.

Tydens die derde aflewering van dié talentkompetisie het Megan haar eerste verskyning gemaak en die meeste stemme sedert die kompetisie afgeskop het ontvang. 

KYK: MEGAN DANNER ONTVANG ’N LUIDE APPLOUS

“My ma het my ingeskryf sonder dat ek daarvan geweet het,” sê Megan. “Sy is my grootste ondersteuner en ek is baie dankbaar sy het my ingeskryf. Maak My Famous skep ’n wonderlike platform om my passie en liefde uit te leef en ek gaan elke oomblik ten volle benut.

“Emo is die perfekte persoon om hierdie pad mee aan te durf en ek is baie opgewonde oor die uitdaging.”

KYK OOK: CELINE DION SE “I’M YOUR LADY” WAARBORG VIR MEGAN ’N PLEK IN DIE TOP-10

Emo se reaksie nadat Megan nuwe lewe aan Celine Dion se treffer gegee is onvergeetlik:



Haar droom is om eendag saam met Early B en Tarryn Lamb op te tree en sy sê haar ouers is haar grootste inspirasie. “Hulle belegging in my loopbaan tot dusver is van onskatbare waarde. Hulle is altyd daar wanneer ek hulle nodig het, al is dit net mamma wat met tranerige oë in die gehoor sit. Hulle inspireer my om aan te hou en op te staan wanneer ek val. Dan is my geloof ’n groot inspirasie, iets wat my daagliks dra – enige tyd, enige plek. God is good!”

KYK OOK: MEGAN DANNER EN CHESWYN RUITERS SORG VIR ’N ONVERGEETLIKE DUET

Megan was ses jaar oud toe sy sanglesse begin neem het. Ná net drie lesse het haar onderwyseres, Marinda Hunter, haar aan ’n kompetisie laat deelneem.

KYK OOK: MEGAN DANNER SING CLAIRE JOHNSTON VAN MANGO GROOVE SE “SPECIAL STAR”

“Ek was toe nog baie skaam en het elke keer gehuil voor ek moes optree. Maar dinge het verander en my liefde vir sing en optree het as’t ware my lewe oorgeneem. Ek het in die skoolkoor gesing, in skoolproduksies opgetree en aan eisteddfods deelgeneem. Een van my hoogtepunte was toe ek in graad 11 die hoofrol in Paarl Gimnasium se produksie van Grease gesing het.”

KYK OOK: HERLEEF MEGAN DANNER SE WEERGAWE VAN NÁDINE SE LIEDJIE “KAAPSE DRAAI”

Ná skool is sy Potchefstroom toe waar sy studeer. Sy tree gereeld vir die universiteit op en is deel van die groep Rooksein.

KYK OOK: MEGAN DANNER GEE NUWE LEWE AAN DIÉ AEROSMITH-TREFFER

“Ek wil wen, ek is reg vir die uitdaging, Maak My Famous maak my asseblief famous!”

In die elfde aflewering van Maak My Famous moes die top-6 wys dat hulle kan kers vashou by van ons land se beste kunstenaars. Megan Danner en Jarrad Ricketts se weergawe van “Islands in the Stream” het die gehoor se voete onder hulle uitgeslaan. Volgens Ian Bredenkamp was hulle ’n “star collab”. “Julle lyk asof julle al jare lank saam perform,” het hy verder gesê. Herleef dié duo se “Islands in the Stream” weer hier.

Dié oomblik vanuit Maak My Famous sal ons vir lank nog bybly:



In die twaalfde aflewering van Maak My Famous gee Emo die top-5 die geleentheid om die gehoor vir oulaas te beïndruk met 'n mini-vertoning van nie langer as vyf minute nie.

Kyk die voorskou hier onder:


Dink jy Megan Danner verdien om gekroon te word as wenner van Maak My Famous?  Maak geraas op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #MaakMyFamous en maak seker jy skakel Donderdag om 20:00 in op DStv-kanaal 144 of 145 vir die naelbyt-finaal.