Logo

Nou ook op iTunes! – Maak My Famous

Nuus
17 Junie 2019
Vind uit hoe.
MMF_ITunes_Article_Billboard_1600x640

Die top-48 se liedjies is nou beskikbaar op iTunes. Emo Adams het dié goeie nuus Donderdag, 13 Junie aangekondig. “Ek het besluit om die liedjies op iTunes te plaas omdat ek voel almal verdien ’n geleentheid.”

KYK: GROTER AS EMO GEDINK HET

Emo het tydens dié onderhoud erken dat hy nie op sy eie almal wat betrokke is by hierdie projek die bekendheid kan gee wat hulle verdien nie. “Nou reik ek uit na die Maak My Famous-gehoor om ons te help om vir hierdie kids die geleentheid te gee wat hulle toekom. En hoe? Deur vir hulle ’n platform te bied waar hulle álmal famous kan wees.”

Hy het aan ons verduidelik dat indien die YouTube-kyke van die talent se optredes in iTunes-verkope gemeet kon word, sou van hulle heelwat meer blootstelling ontvang het. “MC Noedy en Bernice West se duet het byvoorbeeld op YouTube by sowat 25 000 kyke gedraai. Wat ek probeer sê is as daai views iTunes verkope was, was daai twee nou op goud.”

KYK OOK: BERNICE WEST EN MC NOEDY SORG VIR HOENDERVLEIS

Emo moedig dus kykers aan om die hele album te koop in pleks van die individuele liedjies. “Ek glo met my hele hart dat elkeen wat op daardie verhoog was ’n tweede geleentheid verdien.”

Vir hom was die moeilikste deel van die Maak My Famous-proses om mense te verloor. “Ek het net ses Emo-tickets vir die hele seisoen. Once it’s up, it’s up… Daarom kan ek ongelukkig nie almal save nie, al wil ek.

That is the most difficult: Saying goodbye, week after week, to potential talent, because at the end of the day, I want them all to do well...”

 

Die wenresep:
Volgens Emo is daar geen wenresep vir sukses in die vermaaklikheidsbedryf nie. “You just have to keep on keeping on,” het hy gesê.

Dertig jaar later, en nogsteeds is dit iets wat hy daagliks besef. “Meeste [aanhangers] is vir slegs tien van my dertig jaar in die bedryf bewus. Jy weet dus nooit wanneer dit jou oomblik is nie. Jy kan net aanhou probeer.”

LEES OOK: EMO VIER 30 JAAR IN DIE BEDRYF

Sy raad aan voornemende talent? “It’s not a race. It’s a marathon. Jy gaan goeie oomblikke hê, sowel as slegte oomblikke – solank jy konstant bly. Maar belangriker as dit, wees oorspronklik.”

LEES OOK: EMO DEEL 41 WYSHEDE

Kliek hier en kry dit op iTunes. Deel dit ook met jou vriende op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #MaakMyFamous. Maak ook seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in op DStv-kanaal 144 en 21:00 op DStv-kanaal 145.