Logo

Groot hoogtes vir SA Ensemble – Maak My Famous

Nuus
02 Julie 2019
Kyk saam met ons terug op SA Ensemble se Maak My Famous-reis.
MMF_SA Ensemble

FOTO: Light Lounge Studio

Moratoe, Kabelo en Sekgwari is die drie manne van Sedibeng Arts Ensemble, die sanggroep wat hulle pad in kykers se harte gesing het. Hulle doel is om die kompetisie te wen en seker te maak dat hulle musiek ’n invloed het op die mense wat daarna luister.

KYK: SÓ SING SA ENSEMBLE HULLE PAD OOP NA DIE TOP-20

Die groep het van hulle optredes opgeneem en dit op Facebook geplaas. Iemand het dit raakgesien en dit met Emo Adams gedeel. Hy het soveel daarvan gehou, dat hy die groep gekeur het om aan die kompetisie deel te neem en nou is hulle deel van die top-5.

KYK OOK: HIER IS DIE OPTREDE WAT VIR SA ENSEMBLE ’N PLEK IN DIE TOP-10 VERSEKER HET

“Ons sal graag wil hê dat ’n maatskappy in die vermaakbedryf ons help om meer blootstelling te kry en sodoende ons talent tot ons volle potensiaal te gebruik,” sê hulle. “Ons droom om eendag saam met Freshlyground op te tree.”

KYK OOK: ONTHOU JY NOG TOE SA ENSEMBLE EN SHADOW KRAGTE SAAMGESNOER HET?

Die drie ken mekaar reeds ’n hele paar jaar en was aanvanklik deel van ’n groter sanggroep. “Ons is nou die drie van ons en tree as ’n ensemble op. Ons is baie opgewonde oor ons reis op Maak My Famous en is dankbaar dat daar in ons geglo word,” sê hulle.

KYK OOK: SA ENSEMBLE MAAK DIE LIEDJIE “WEEPING” HULLE EIE

Hoewel SA Ensemble van meet af in die spesialiteitskategorie uitgestaan het, is dit egter hul onlangse optredes wat kykers aan die gons het. In episode tien van Maak My Famous moes die top-7 liedjies sing wat vrygestel is in hulle geboortejaar. Whitney Houston het destyds vir lede van SA Ensemble na trane gedryf en op hulle beurt het SA Ensemble weer die hele gehoor in trane gehad. “You guys are going to be one of the biggest musical exports of our country,” het aanbieder Tarryn Lamb emosioneel ná hul optrede opgemerk. Sy was egter nie die enigste een wat die trane moes wegsluk nie. Kyk hier weer na hulle hartroerende optrede.



In die elfde aflewering van Maak My Famous moes die finaliste wys hulle kan kers vashou by meer gevestigde kunstenaars. SA Ensemble het ons hoendervleis gegee met hul optrede saam met Sasha-Lee Davids van Idols 2009-faam. Ian het vir Emo gesê: “I would love these guys open for you for a year.” Kliek hier en jy sal verstaan hoekom. 

In die twaalfde aflewering van Maak My Famous gee Emo die top-5 die geleentheid om die gehoor vir oulaas te beïndruk met ’n mini-vertoning van nie langer as 5 minute nie.

Kyk die voorskou hier onder:



Dink jy SA Ensemble het wat dit vat om Maak My Famous te wen? Maak geraas op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #MaakMyFamous en maak seker jy skakel Donderdag om 20:00 in op DStv-kanaal 144 of 145 vir die naelbyt-finaal.