Logo

Cheswyn se nuwe fokus – Maak My Famous

Nuus
04 Julie 2019
Ons kyk terug op Cheswyn se Maak My Famous-reis.
Cheswyn ruiters

Sy kop het onderwys toe gestaan en hy was goed op pad om sy graad te kry, maar vanjaar het Cheswyn Ruiters besluit om dit eers eenkant toe te skuif en op musiek te fokus.

KYK: CHESWYN RUITERS SE WEERGAWE VAN SAM SMITH SE “LAY ME DOWN” KRY ’N LUIDE APPLOUS

“Een van my vriende het my van die kompetisie vertel en ek het besef hierdie is die perfekte platform om my talent aan Suid-Afrika te wys en ook om meer van die musiekbedryf te leer,” sê Cheswyn. “Ek wou ook nog altyd saam met Emo werk en dink my lewe kan hierdeur verander.”

KYK OOK: SAM SMITH SE “STAY WITH ME” STUUR VIR CHESWYN RUITERS REGUIT TOP-10 TOE 

Daar is vier kunstenaars saam met wie hy graag wil werk: Lira, Craig Lucas, Amanda Black en Paxton Fielies.

KYK OOK: HERLEEF CHESWYN EN MEGAN SE DUET, “SIMPLY THE BEST”

“Paxton is vir my ’n inspirasie. Sy laat nie haar ouderdom of waar sy vandaan kom haar terug hou nie. Ook Karin Kortjé wat van ’n klein dorpie kom. Sy het gewys dat sangers van klein dorpies ook iets in musiek kan bereik.”

KYK OOK: CHESWYN RUITERS GEE NUWE LEWE AAN VICKY SAMPSON SE “AFRICAN DREAM” 

Cheswyn het begin sing toe hy 10 was en het musiek as ‘n vak op skool gehad. Hy wou musiek sy beroep maak, maar sy pa het ‘n stokkie daarvoor gesteek.

KYK OOK: CHESWYN RUITERS SE WEERGAWE VAN DIÉ GÉ KORSTEN-TREFFER SORG VIR ’N KNOP IN DIE KEEL

“Verlede jaar het my pa my ma verlaat en dit was toe dat ek besluit het om my studies – ek was in my finale jaar – eers te staak en op musiek te fokus. My ma ondersteun my besluit.” Cheswyn Ruiters kan reg aan enige liedjie laat geskied en dié Bee Gees-treffer was geen uitsondering nie – kyk hier.

Die elfde aflewering van Maak My Famous was afgesluit deur Cheswyn. Tarryn het hom en “een van [sy] Worcester-mense”, Elwira Standili na die verhoog verwelkom. Dié duo het ’n besonderse weergawe van Bill Medley en Jennifer Warnes se liedjie “I had the time of my life” gelewer. Kyk weer hier daarna.

In die twaalfde aflewering van Maak My Famous gee Emo die top-5 die geleentheid om die gehoor vir oulaas te beïndruk met 'n mini-vertoning van nie langer as vyf minute nie.

Kyk die voorskou hier onder:



Dink jy Cheswyn Ruiters verdien die Maak My Famous-kroon? Laat weet ons op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #MaakMyFamous en maak seker jy skakel Donderdag om 20:00 in op DStv-kanaal 144 of 145 vir die naelbyt-finaal.