Logo
Kyk wie praat S3 SP BB
web uni tv guide

Kyk Wie Praat

144KompetisiePG

seisoen

3

2

1

Kyk wie praat S3 Poster

OOR DIE PROGRAM

Daar is ’n groepie bekkige kinders tussen die ouderdom van ses en nege aan wie vrae gevra word. Die vier volwasse deelnemers aan die program moet dan raai wat die kleingoed se antwoorde op die vrae was. Klink maklik, nè? Moenie glo nie! Soos almal weet, is hoe ’n kind dink nie so voorspelbaar soos wat mens dit wil hê nie.

S3 | E13
28 Februarie 20:00
'S3/E13 of 13'. In die finale episode keer die vier deelnemers met die hoogste puntetellings terug om dit uit te spook v...

Dis weer tyd vir die kinders om te praat en vir die grootmense om te luister – Kyk wie praat

News
06 November 2023
"Kyk wie praat" begin op Woensdag, 6 Desember 2023 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Kyk wie praat S3 Presser image

Binnekort is dit weer nege kannetjies se beurt om die televisie-kollig in die derde seisoen van kykNET se gewilde Kyk wie praat-vasvraprogram te steel. Soos met die vorige seisoene gaan die jongspan vier grootmense omtrent op hulle tone hou. 

Die seisoen begin Woensdag, 6 Desember om 20:00 op kykNET en De Klerk Oelofse is weer die fasiliteerder van die Kyk wie praat-klaskamer. 

Die reeks is ’n vasvraprogram met ’n kinkel: De Klerk rig vrae aan die kinders wat almal tussen die ouderdom van ses en nege jaar oud is, en daarna moet die volwasse deelnemers raai watter een van dié wysneuse met die antwoorde na vore gekom het. 

Rondte na rondte word die ouer en gryser (maar nie noodwendig wyser) deelnemers uitgeskakel tot net een oorbly. En daardie deelnemer kan ’n kontantprys van tot R30 000 in die sak steek. Daar is ook ’n boerpotprys van R100,000 vir die reekswenner op die spel!

Volgens De Klerk beloof Kyk wie praat, wat op die Britse-reeks Small Talk gebaseer is, om weer ’n hele paar snaakse oomblikke op te lewer. 

“Die klitse is immers lekker bekkig en hul beskrywings gaan kykers beslis lekker laat lag,” sê De Klerk. 

Vir De Klerk, wat ook deel van die vervaardigingspan is, is daardie eerlikheid van kinders goud werd. 

“Deur die wêreld deur die oë van klein mensies te sien, kry volwassenes ’n beter en vars perspektief op die lewe.”

Volgens hom het hulle vanjaar honderde inskrywings vir die reeks ontvang en kom die derde seisoen se kinders van regoor Suid-Afrika.

“Die klitse kom wyd en suid vanaf plekke soos Letsitele, Saldanha, Delmas, Groblershoop, George en Piet Retief.”

De Klerk noem dat van die episodes ook aan ’n tema gekoppel word, byvoorbeeld Kersfees, vakansietyd, “terug skool toe” en Valentynsdag. 

Kyk wie praat begin op Woensdag, 6 Desember 2023 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).