Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 5: Só sing ’n Karaoke-koning – Kwarantyn

Nuus
14 Junie 2020
Hier is ons ranglys van top-Kwarantyn-karaoke-treffers.
Karaoke Kwarantyn

Vir dag vyf het ons opsigter die families verras, deur hulle die geleentheid te gee om hul sangtalent met die res van Suid-Afrika te deel. Hier is die treffers wat vir ons uitgestaan het:
 

  1. “Perfect” – Ed Sheeran
    Ons dink Austin is 'n superster in wording: Hy het ons weggeblaas toe hy wegtrek met Ed Sheeren se “Perfect”. Kan ons dit weer en weer hoor? 

    via GIPHY

    KYK OOK: DIE MAN KAN SING – ONS DINK AUSTIN VERDIEN 'N MAAK MY FAMOUS-OUDISIE
     
  2. “Irreplaceable” – Beyonce
    Caryn was die karaoke-koningin en het op die maat van Queen B se woorde “You must not know ‘bout me” ’n indruk gelaat wat nog lank gaan bly.

    via GIPHY

  3. “Fools rush in” – Elvis Presley
    Ons het amper ’n traan gepik terwyl ons na Braam se weergawe van dié goue-oue moes luister. Ons hoop om later nóg hiervan te hoor. 

    via GIPHY

    KYK OOK: ONS KAN NIE GENOEG KRY VAN DIE TWEE VERSKILLENDE WEERGAWES VAN KWARANTYN-KARAOKE NIE

  4. “Respect” – Aretha Franklin
    Auntie Pamela het ons gedwing om ons arms in die lug rond te swaai met haar weergawe van dié musiekikoon se treffer.

    via GIPHY

  5. “I'll never love again” – Lady Gaga
    Dit het gevoel of 'n superster voor ons oë gebore word toe Avril 'n onvergeetlike aflewering van die Mother Monster se tranetrekker sing.

    via GIPHY

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Bly hier op hoogte.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.