Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Rondte 6: En die uitslae is... – Kwarantyn

Nuus
22 Julie 2020
Die sesde rondte is verby, en hier is hoe die punteleer lyk.
Rondte 6 Kwarantyn

Tydens die 50-dae in die Kwarantyn-huis, word die punte wat deur die families verower word saamgetel, en dit vorm 40% van die finale punteleer. Die oorblywende 60% bestaan uit kykerstemme.

Die sesde rondte is verby, en hier is hoe die uitslae vir elke familie lyk:

Kykerstemme:

Kykers kry weekliks die geleentheid om vir hulle gunsteling-familielid te stem – alle individuele stemme vorm ’n gesamentlike telling vir elke familie.

In die Scheepers-huis loop Austin nogsteeds voor met 42% van die stemme, en Caryn is tweede met 25.5%. Baie geluk, julle.

Die gewildste Le Roux is Heinrich, met 25.6% van die stemme. Kort op sy hakke is Lisa, met 21.2% van die stemme. Welgedaan, julle.

LEES OOK: HIER IS HOE JY KAN STEM

Uitdagings: 

Elke dag kry die families drie uitdagings: ’n Groepstaak, koskenades en ’n speletjie. Vir elke uitdaging word elke familie beloon met punte. Die familie met die meeste punte in elke rondte sal beloon word met ’n R10 000-Takealot-koopbewys.

Na die afloop van rondte 6, het die Scheepers-familie 15 000 verower, en die Le Roux-familie 10 000. Dus stap die Scheepers weg met vandeesweek se koopbewys.

Die finale rondte is nóú oop. Maak seker jy stem. Om te stem, kliek hier.

Kyk ook die video hier onder:

Wat het jy gedink van die eerste week? Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.