Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Ontmoet Kwarantyn se opsigter – Kwarantyn

Nuus
09 Junie 2020
Die opwinding loop hoog, met kykNET se nuwe realiteitsreeks, Kwarantyn, wat op Woensdag 10 Junie 20:00 op kykNET afskop.
Kwarantyn Ferdinand Rabie

Die twee families, #SpanLeRoux en #SpanScheepers, is reeds gemaklik gehuisves in die Kwarantyn-huise, maar daar wag ’n verrassing op hulle – hulle gaan binnekort uitvind dat die opsigter vir die volgende sestig dae ’n groot rol in hul lewens gaan speel.

kykNET het onlangs bekend gemaak dat kykers die geleentheid gaan kry om vanaf 10 Junie dié twee families vir sestig dae regstreeks te kan dophou terwyl hulle verskillende uitdagings, take en selfdoenprojekte aanpak – alles agter slot en grendel. Die besluit lê uiteindelik in die kykers se hande wie as die gewildste familie gekroon gaan word en met die R250 000 in kontant gaan wegstap.

Daar is egter ’n kinkel in die kabel – die opsigter gaan deel vorm van die families se sestig dae in hul onderskeie huise. Dié persoon gaan deur middel van ’n TV in die families se onderskeie huise met hulle kommunikeer – om die huisreëls deur te gee, uitdagings en take uit te deel en seker te maak dat die huishoudings goed bestuur word. Die opsigter sal ook die families se enigste kontak met die buitewêreld wees.

En die opsigter is… 

#SpanLeRoux en #SpanScheepers sal eers in die eerste episode uitvind wie die opsigter is, maar aangesien hulle reeds in die huise is, gaan ons die aap uit die mou laat – Ferdinand Rabie sluit aan by Kwarantyn as die opsigter!

Ferdinand het bekendheid verwerf as deelnemer en wenner van die eerste Big Brother South Africa in 2001. Daarna was hy as aanbieder van Voorblad in 2002 en Ferdi gee gas in 2003 op kykNET te sien. Die afgelope paar jaar is hy bedrywig as eienaar van ’n besigheid wat toere en avonture in Suid-Afrika aanbied, sowel as mede-eienaar en bemarkingsbestuurder van Legend Health Medical Supplies.`

LEES OOK: KYKNET LOOTS OPWIPKANAAL VIR KWARANTYN

Vir die volgende sestig dae gaan Ferdinand egter daarop fokus om die twee families van Kwarantyn in toom te hou, maar ook pret saam met hulle te hê. “Ek is baie bly dat hierdie uitdaging oor my pad gekom het,” sê hy. “Kykers kan uitsien na ’n opwindende tyd saam met #SpanLeRoux en #SpanScheepers – nes hulle gemaklik raak, gaan ek dinge omver gooi en interessant maak. Ek gaan hulle op hul tone hou!”

KYK DIE VIDEO HIER ONDER:

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ‘n 48 minuut lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Bly hier op hoogte