Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 21: Ons top-6 ‘lockdown’-verjaarsdae – Kwarantyn

Nuus
30 Junie 2020
Bekendes regoor die wêreld vier só hul verjaarsdae tydens inperking.
Bekendes verjaar

Hier is ons gunsteling Instagram-inskrywings van bekendes wat hulle verjaarsdae vier tydens inperking. 

  1. Shay Mitchell
    Ons het die Pretty Little Liars-aktrise Shay Mitchell se verjaarsdagviering verskriklik geniet. Vir haar 33ste verjaarsdag het sy voor haar huis gestaan met ’n bottel hardehout en ’n plakkaat wat lees: “Dis my 33ste... Jy toet. Ek drink.” 


     
  2. Elton John
    Elton John se 73ste verjaarsdag was baie spesiaal gemaak deur sy man, David Furnish, en twee seuns, Elijah en Zachary, wat vir hom geluk gewens het deur vir hom te sing, en saam met hom sy kersies dood te blaas. Ons harte het gesmelt toe Elijah en Zachary giggel vir dié ikoon. “So dankbaar vir die beste verjaarsdag ooit saam met my familie,” het die inskrywing gelees.


     
  3. Jessie J
    Ter viering van haar 32ste verjaarsdag het Jessie J teruggegee. In ’n regstreekse Instagram-inskrywing het sy van haar mees gewildste liedjies gesing om geld in te samel vir diegene wat wêreldwyd deur die pandemie geaffekteer is.


     
  4. Reese Witherspoon
    Van gedigte tot ’n heerlike tuisgemaakte ete. Die Legally Blonde-aktrise Reese Witherspoon het vir haar 44ste verjaarsdag onder meer saam met haar gesinnetjie tyd in die natuur deur gebring. “Dankie aan almal van julle wat my so geliefd laat voel. Ek is ’n baie gelukkige dame!”, het haar Instagram-inskrywing gelees. 


     
  5. Celine Dion
    Vir haar 52ste verjaarsdag, het Celine Dion se span 'n foto van haar as kind uitgestuur. In dié Instagram-inskrywing wens hulle haar liefde, gesondheid en geluk toe. Ons was gek daaroor. 


     
  6. Adele
    En wie sal vergeet van dié Instagram-oomblik? Vir haar 32ste verjaarsdag het Adele op 5 Mei haar aanhangers verras met ’n langverwagte inskrywing, maar in dié inskrywing het baie van haar aanhangers haar amper nie herken nie weens haar liggaamsverandering. 

Tydens dag-21 van Kwarantyn, vier Lisa van die Le Roux-familie haar 26ste verjaarsdag. Deel jou verjaarsdag-wense met haar op FacebookInstagram en Twitter deur die hutsmerk #Kwarantyn te gebruik.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.