Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 22: Ons lag lekker vir span Scheepers – Kwarantyn

Nuus
01 Julie 2020
Week twee – ons kyk terug na die snaakste oomblikke in die Scheepers-huis.
Ons lag vir die Scheepers

Die tweede week in Kwarantyn het nie net gesorg vir trane nie, maar ook vir lagwekkende oomblikke – veral in die Scheepers-huis.
Hier is ons top-5 oomblikke:

  1. Klein bietjie wyn:
    Toe Austin op dag-18 na 'n ongelooflike karaoke-optrede net so bietjie te diep in die bottel gekyk het. Herleef die karaoke-performance hier.


    KYK OOK: WANT IN KWARANTYN HELP WYN BESLIS VIR DIE EENSAAMHEID EN PYN
     
  2. The morning after:
    Op dag-19 was dit Austin wat deur die Opsigter aangestel was om die oefensessie te lei, en hy het homself goed van sy taak gekwyt. Selfs Manie, wat onlangs 'n blindederm-operasie ondergaan het was ingelyf en aangemoedig om saam te oefen ... Herleef die volledige oefensessie hier.


    LEES OOK: BREEK DIE BABELAS SÓ
     
  3. Kom ons karaoke:
    ​Die oomblik toe die Scheepers-familie hoor hulle gaan karaoke, was Austin oudergewoonte die een wat ons verras met sy ongelooflike sangtalent.


    KYK OOK: ONS DINK AUSTIN VERDIEN 'N MAAK MY FAMOUS-OUDISIE
     
  4. Toe pappie bel:
    Op dag-19 het Pamela se man, Hermanus verjaar, en sy was verras met 'n oproep van hom af. Ons het dié gesprek egter verskriklik geniet. Jy wil nie dié gesprek misloop nie. Kyk dit hier.


    KYK OOK: HAPPY BIRTHDAY, PAPPIE!
     
  5. Die gras is altyd groener ...: 
    Ons het so gelag toe Max by die bure wou gaan kuier. Hoewel die Scheepers-familie, en veral Caryn, vir ou Maxie in die grond in bederf, was hy baie nuuskierig oor wat gebeur aan die anderkant van die draad. 


    LEES OOK: LEER KEN VIR MAX EN VLOOI

Watter oomblikke het vir jou uitgestaan? Deel dit met ons op FacebookInstagram en Twitter deur die hutsmerk #Kwarantyn te gebruik.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.