Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 39: ‘Madiba, jou lekker ou’ – Kwarantyn

Nuus
18 Julie 2020
Lees meer.
Mandeladag

Ter viering van Mandeladag se nalatenskap, het ons familielede ’n vuurtjie opgesteek. Ons twee families moet afwissel en skofte werk om dié vuur oor ''n tydperk van 27 uur aan die brand te hou. Dié 27 uur simboliseer natuurlik Mandela se 27 jaar as gevangene.

Nadat die vuur aangesteek was, het Austin rondgestap en ’n paar van die familielede gevra wat Mandeladag vir hulle beteken.

KYK OOK: ’N VLAMMETJIE VIR MADIBA

Volgens Manie was Mandela ’n besonderse man. Hy sê: “[Mandela] was ’n leier gewees, en hy was goed vir ons land gewees, so ons moet in sy spore volg.”

Vir Avril is Mandela se nalatenskap gelykstaande aan “liefde, vrede, genesing en hoop”.

Lisa meen die naam ‘Mandela’ is sinoniem met vriendelikheid. “Be kind,” sê sy. Adriaan het laggend bygevoeg: “Hy’s ’n lekker ou.” Teen dié tyd weet ons dat Adriaan weet waarvan hy praat as dit by vriendelikheid kom, sienende dat hy een van die vriendelikste mense is wat ons al teegekom het. Volgens hom 

Die naam ‘Mandela’ herinner Braam aan vryheid. Vir Caryn ook. Sy verduidelik egter dat Mandela se nalatenskap ook beteken dat “kinders van alle rasse in een skool saam kan loop.”

KYK OOK: SEWE-EN-SESTIG-SEKONDES VIR ’N BETER SUID-AFRIKA

Pam sê dat Mandeladag haar ook aan vryheid. Sy voeg egter by dat dit ook vir liefde en gesondheid staan. En Jada hou dit kort en kragtig: “Vat altyd kanse en glo in jou drome.” Volgens haar beteken Mandeladag dat geen droom onwerklik is nie. 

Wat beteken Mandeladag vir jou? Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.