Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 14: Leer ken Max en Vlooi! – Kwarantyn

Nuus
23 Junie 2020
Hier is alles wat jy moet weet oor die geliefde twee honde van Kwarantyn.
Untitled design

Max en Vlooi het kykers se harte gesteel soos wat hulle, saam met die gesinne, hul tyd in Kwarantyn spandeer! Dié twee pragtige woefs het elkeen selfs ’n reuse ‘following’ op Instagram verwerf en Suid-Afrika kan net nie genoeg van hulle kry nie. Maar hoe baie weet jy regtig van dié twee geliefde honde?

Vlooi

Die Le Roux’s het Vlooi (tans 8-jaar oud) as 'n piepklein hondjie gekry en haar dadelik soos ’n familielid laat voel! Volgens die gesin is Vlooi se beste eienskap haar liefdevolheid. Sy is mal daaroor om te lê en kyk hoe haar familie goed doen en raak rustig wanneer die Le Roux’s in dieselfde vertrek as sy is. Hoewel Vlooi altyd rustig en kalm is, sal sy alles gee om haar familie te beskerm.

Wat Vlooi uniek maak is dat sy haarself soos ’n mens gedra! Die Le Roux’s vertel dat sy mal is daaroor om met haar kop op die kussing te lê. Sy is ook baie soet en huil slegs as die Le Roux’s aan tafel sit en niemand haar optel nie. Vlooi se gunsteling kos is avokado, maar die Le Roux’s het besluit om dit nie meer vir haar te gee nie omdat avokado gesondheidsprobleme kan veroorsaak vir honde.

Vlooi het ’n gewas op haar maag wat tans geen pyn veroorsaak nie. ’n Veearts het die Le Roux’s aangeraai om die gewas dop te hou indien dit groter word. ’n Operasie is ’n opsie, maar kan gevaarlik wees aangesien Vlooi bietjie oorgewig is. Die Le Roux’s is huiwerig en wil net die beste hê vir hulle kosbare hondekind.

Max

4our Paws het Max (nou 3-jaar oud) ontvang toe hy slegs ’n jaar-en-’n-half oud was. Hy was in Randfontein gevind en het ’n huis benodig. Volgens die organisasie is Max ’n baie gelukkige hond wat mal is oor aandag en slegs rondom mense en ander diere wil wees. Hy is ook baie passief en gretig om mense se dag op te kikker! Max se oulikste eienskap is dat hy jou aandag probeer aflei wanneer iemand klaar met hom gestap het om te verhoed dat dit eindig totdat hy tevrede is met die hoeveelheid tyd wat buite spandeer is!

Max se sagte geaardheid en gehoorsaamheid is hoekom hy gekies is om saam met die Scheepers te bly tydens Kwarantyn. Volgens die organisasie is Max ‘bomb proof’. Dit beteken dat hy baie maklik aanpas en vinnig gewoond raak aan nuwe omstandighede. Max was vasgemaak vandat hy ’n klein hondjie was en daarom wil 4our Paws vir hom wys dat daar wel mense is wat baie mooi na hom sal kyk en hom sal stort met liefde en aandag!

Bly op hoogte met die honde van Kwarantyn en hulle gesinne deur ingeskakel te bly op kanaal 149 en gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.