Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 39: Karaoke saam met Emo Adams – Kwarantyn

Nuus
18 Julie 2020
Ons het verder met Emo gesels.
Emo Adams Kwarantyn

Elke Suid-Afrikaner sal met die familielede in Kwarantyn kan vereenselwig. Daar is goeie dae, en dan is daar ook soms slegte dae. Maar vir Emo Adams is daar goeie dae, en dan is daar béter dae.

 

Emo het inperking deurgebring saam met sy pragtige vrou, Michelle Gildenhuys Adams, en hul vier seuns, en volgens hom was dit onvergeetlik, juis weens sy besige skedule dié jaar. Selfs tydens inperking moes hy van die huis af werk aan Maak my Famous. Dié gewilde talentkompetisie het onlangs ’n produksiebreek geneem om plek te maak vir Kwarantyn, en sal op 5 Augustus weer terugkeer na kykNET en kykNET&kie. . 

LEES OOK: MAAK MY FAMOUS NEEM ’N PRODUKSIEBREEK

“Voor [Suid-Afrika se inperking] was ek amper nooit by die huis nie, so dit was eintlik baie plesierig vir ons,” vertel hy. “Kyk, soms maak die vier boys jou so bietjie mal, en so nou en dan wil jy hulle sommer op GumTree sit, maar dit was heel lekker saam met hulle,” vertel hy met ’n stoute glimlaggie.

Vir Emo was daar geen negatiewe aspek rondom inperking nie. “Elke dag het ons ’n game saam met die laaitjies gespeel,” sê hy. “En ek en vroulief het ook kans gekry om te bond – natuurlik moet ek nog werk aan Maak my Famous van die huis af.



Vandeesweek is dit oudergewoonte tyd vir die Le Roux- en Scheepers-familie om Saterdag af te sluit met ’n rondte van Kwarantyn-karaoke. En dié week se Kwarantyn-karaoke was baie spesiaal gemaak met ’n onverwagte oproep vanaf Emo Adams, waartydens hy sy wenke en riglyne met die twee huis gedeel het.

“My enigeste raad, en veral met karaoke-aand, is om jouself te geniet,” het hy vir ons gesê. “Sommige mense vat dit te ernstig op, maar jy moenie eintlik nie – that’s the whole point of karaoke…”

LEES OOK: SÓ SING ’N KARAOKE KONING

Emo het sy top-10 karaoke-treffers met ons gedeel:

  1. “Macarena” – Los del Rio (of Gangnam style)
  2. “Summer of ’69” – Brian Adams
  3. “Sweet child o’mine” – Guns and Roses
  4. Werk ’n Whitney Huston-nommertjie in
  5. “My heart will go on” – Celine Dion
  6. Natuurlik ook ’n Michael Jackson-liedjie van jou keuse
  7. ’n ABBA-nommertjie van jou keuse
  8. “Y.M.C.A.” – Village People
  9. “I would do anything for love” – Meatloaf
  10. “All by myself” – Celine Dion

En indien jy nie lus het om te karaoke nie kan jy ons voorstel vir 'n Kwarantyn-speellys hier kry.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.