Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 7: Die jong Le Roux’s – Kwarantyn

Nuus
16 Junie 2020
Wat wil die jeug in die Le Roux-huis graag bevorder in Suid-Afrika?
Le Roux Jeugdag

Ons vind uit wat Lisa, Manie, Heinrich en Adriaan in die volgende dekade wil verander. 

 

Lisa – ’n Juffrou in murg en been

Lisa is ’n onderwyseres en vertel dat sy graag omgewingsbewustheid onder die jeug aanmoedig. Sy vertel dat sy in haar klasse dié eienskap veral ’n prioriteit maak wanneer sy klas gee. Dit is vir haar belangrik om die jeug wat haar klas betree tot die beste van haar vermoë aan te moedig om “groen te gaan” om sodoende Suid-Afrika ’n beter land te maak. Sy bevorder leefstylveranderende keuses om sodoende ’n minimale impak op die aarde hê.

via GIPHY
 

Heinrich – Die man met die plan

Heinrich se benadering is baie strategies. Vir hom is dit belagrik om die Suid-Afrikaanse ekonomie tot die bes van ons vermoë te bevorder. Volgens hom het ons almal ’n beduidende impak op die ekonomie en kan dus saamwerk om dit te verbeter. Hy bevorder plaaslike besigheid en die handeldryf van plaaslike produkte. Heinrich glo dat dienslewering in die volgende dekade prioriteit moet wees.

via GIPHY
 

Manie – Ons natuurman

Manie is duidelik natuurgedrewe. Hy staan vir die bekamping van stropery, en die bewaring van bedreigde spesies. Hy beoog om sy kursus in anti-stropery te voltooi na afloop van Kwarantyn. Vir hom is dit baie belangrik om die jeug aan te moedig om die natuur te beskerm.

via GIPHY
 

Adriaan – Die grapjas

Of jy nou in die sitkamer sit en saamkyk, of in die kombuis staan en saamluister na die TV in die agtergrond, Adriaan se lag is aansteeklik, ongehou of jy daarvan hou. “In vandag se tye wat dinge moeilik en swaar gaan, sal ek graag meer mense wil laat lag“, vertel hy. Dis juis hoekom hy so gaande daaroor is om poetse te bak of mense in die huis skrik te maak. Ons is gek daaroor. 

 

Wat sal jy graag in die volgende dekade vir die jeug van Suid-Afrika wil leer? Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Bly hier op hoogte.