Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 7: Scheepers: ‘SA se toekoms blink!’ – Kwarantyn

Nuus
16 Junie 2020
Hoe lyk die toekoms van Suid-Afrika vir die jeug in die Scheepers-huis? Ons het gaan uitvind.
Blink toekoms vir SA

Foto: Getty Images

Austin – Musiek maak alles beter

Volgens Austin, moet die volgende generasie geleer word deur musiek. Sy doel is om uiteindelik ’n musiekskool te open, waar mense nie net van musiek leer nie, maar ook van die geskiedenis van Suid-Afrika. En hoe lyk die toekoms, volgens dié jong man? “Suid-Afrika se toekoms is blink, want ons is een nasie, ons is ’n mooi nasie en ons staan saam.”

via GIPHY

Caryn – Ons eie “Miss Congeniality

Volgens Caryn, is Suid-Afrika gereed vir enigiets. Sy meen dat ons enigiets in die gesig kan staar sou ons COVID-19 oorwin “As ons hierdie virus kan oorkom, kan ons enigiets oorkom.”

And world peace!” Jy het reggehoor, ja. “Suid Afrika moet voel soos home. Almal moet hierheen wil kom, sonder om bang te wees,” sê sy.

via GIPHY

LEES OOK: DIE JONG LE ROUXWAT WIL DIE JEUG IN DIE LE ROUX-HUIS GRAAG IN SA BEVORDER?
 

Jayda – Kwarantyn se raakvat-‘kansvatter’

Jayda voel die jeug van Suid-Afrika behoort meer “risks” te vat. Sy stem saam met Caryn – dat Suid-Afrika enigiets kan oorwin na COVID-19.

via GIPHY

Kel-cee – Die jong besigheidsvrou

Volgens Kel-cee, verdien jongmense in Suid-Afrika gelyke regte. Sy glo dat tegnologie meer geleenthede bied. Sy glo ook dat indien ons die Korona-virus as ’n nasie kan beveg, het ons die grootste stryd oorwin. “As dit die geval is, dan sal mense regoor die wêreld sien ons kan saamwerk as ’n nasie – ’n nasie wat alles kan oorkom.

via GIPHY

Hoe lyk Suid-Afrika se toekoms vir jou? Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Bly hier op hoogte.