Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 30: Kom dans saam! – Kwarantyn

Nuus
09 Julie 2020
Hier is ons tien gunsteling-video’s.
Dans saam

Kyk, as jy teen dié tyd nog nie die Kwarantyn-temalied word vir word ken nie, dan is jou TV nie gereeld genoeg ingeskakel op DStv-kanaal 149 nie, en as jy nog nie gehoor het van die gewilde Kwarantyn-dans nie, dan vra ons byvoorbaat omverskoning vir die “fomo”.

Op dag 13 van het ons opsigter vir Jada en Austin gevra om ’n dansroetine uit te werk vir die temalied. Op dag 14 moes hulle dit nie net vir #SpanScheepers leer nie, maar ook vir #SpanLeRoux, en as addisionele opdrag vanaf die opsigter, moet beide families nou wegspring en dan sodra die temaliedjie daagliks in die huise speel. Kyk weer hier.

KYK OOK: DANS SAAM MET DIE LE ROU'X

Nadat dié dansie die land op horings geneem het, het ons op ’n amptelike hutsmerk besluit om kykers se weergawes van dié oulike dansie op sosiale media op te spoor en die video’s het omtrent ingestroom.

KYK OOK: HIER IS DIE SCHEEPERS-FAMILIE SE WEERGAWE

Onthou, dis nog nie te laat om jou weergawe met ons te deel nie. ​Inskrywings sluit op 13 Julie 2020, kry die man, die kinders en sommer die hond van die rusbank af en neem sommer onmiddellik julle weergawe op. Deel dit met ons deur die hutsmerk #KwarantynDans by te voeg. 

Weet jy nog nie hoe nie? Kliek hier en laat Austin en Jada jou die dansroetine leer.

Jy kan nou ook die Kwarantyn se temaliedjie aflaai:



Hier is tot dusver ons gunsteling (onthou, dis nog nie te laat om jou weergawe met ons te deel nie):

1.  Cindy Arendse:
Ons was gek oor dié video wat Cindy op Twitter gedeel het.

2.  Werner Pelser:
Hoe goed is Werner Pelser se Facebook-video?

#KwarantynDans Kwarantyn Vanessa Pelser Pierre Pelser

Posted by Werner Pelser on Tuesday, 7 July 2020

 

3. Kyla Connor:
Wat dink jy van Kyla se oulike Facebook-inskrywing? 

Ons is ywerige Kwarantyn kykers. Love die show en ondersteun albei families. 💃👏

#kwarantyndans

Posted by Kyla Connor on Monday, 6 July 2020


4.  Elisma Stopford:
Elisma het dié video met ons op sosiale media gedeel.



5.  Lucy Christian:
Ons kan nie genoeg kry van Lucy se Twitter-video.


6.  Tarien Pelser:
En ons kan ook na Tarien se Instagram-video oor en oor kyk. 


7.  Illze Smith:
Kyk net hoe oulike is Illze se Instagram video. Ons is mal daaroor!



8.  Estelle Niemann:
Estelee het dié video op Facebook gedeel:

#kwarantyndans

Posted by Estelle Niemann on Tuesday, 7 July 2020

9.Rolien Geldenhuys:
Dan was daar Rolien wat dié video met ons gedeel het.
 

#kwarantyndans

#spanLeRoux

Posted by Rolien Geldenhuys OttoVan Rooyen on Wednesday, 8 July 2020

10.  Chantel Maartens:
Kyk net hoe oulik is Chantel se video. 

#kwarantynDans

Posted by Chantel Maartens on Tuesday, 7 July 2020

Onthou om jou weergawe van die Kwarantyn-dans met ons te deel deur die hutsmerk #KwarantynDans op FacebookInstagram en TwitterOnthou, Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.