Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 29: Klein bome en ’n ander tipe Le Roux-‘pie’

Nuus
08 Julie 2020
Span Le Roux het vandag 4000 punte in die sak gesteek.
Screenshot 2020 07 09 at 00

Nog ‘n dag, nog ‘n gelag.

Hierdie twee families stel ons nooit teleur as dit kom by grappies, dansies en sê-goed nie, en dag 29 was beslis nie die uitsondering nie.

Ons het die dag begin met die nuus dat julle, die kykers, graag vir Manie in ’n man-bun wou sien.

En terwyl ons van hare praat, Lisa het een van haar grootste wense bewaarheid toe Jade vir haar stywe vlegsels ingesit het. “Ek is nou net te cool,” het Lisa gesê.

Sy het nie verby ’n enkele spieël in die huis geloop sonder om haar nuwe haarstyl te bewonder nie.

Vir die span-uitdaging het #SpanScheepers en #SpanLeRoux ’n bietjie Japanese inspirasie gekry met ’n Bonsai-taak. Hierdie klein boompies het die families groot laat dink en dit was die Le Roux-familie wat op die einde daarin geslaag het om ’n baie stewige 2 000 punte van hierdie boompies af te snoei. 

Vandag se koskenades het oudergewoonte ’n kinkel gehad, met een fop-bestanddeel in die mengsel. Die spanne was gesê om ’n vegan-pastei te maak en dit was weereens die Le Roux-familie wat as wenners weggestap het en nog 2 000 punte by hulle dag se totaal gevoeg het.

Onthou julle nog die vegetariese koskenades-taak van ’n paar dae gelede? Lees weer hier hoe die spanne die fop-vleis maak werk het. 

Saam met al die opwinding in die huise vandag, was dit boonop tyd om die uitslae vir die week aan te hoor. en die huidige stand van sake lyk so:

Soos gestem deur julle, die wonderlike Kwarantyn-kykers, is die gewildste familielede in die Le Rouxfamilie Manie en Braam.

In die Scheepers-familie is Austin en Caryn uitgewys as die gewildste familie-lede.

Rondte 4 was gewen deur #SpanScheepers met ’n stewige 14 000 punte teenoor #SpanScheepers se 11 000 punte.

Onthou dat stemme nou weer oop is: klie hier om deel te neem aan rondte 5. 

Kwarantyn saai vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers, en vertel vir ons wat julle gunsteling oomblik in die huis was vandag.