Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 23: Groet mekaar – Kwarantyn

Nuus
02 Julie 2020
Kan jy “hallo” sê in al 11-amptelike landstale?
GettyImages 170724228

Vanoggend moes almal mekaar meer as net groet, hulle moes groet in verskillende Suid-Afrikaanse en Afrika-tale.

Toe Die Opsigter se alarm om 9:00 afgaan, het hy dit duidelik gemaak. Vandag vier almal taal onder #SpanScheepers en #SpanLeRoux.

“Goeiemôre, good morning, Molo, Sawubona, Dumela,” begin die opsigter se boodskap.

Volgens hom is ons trots Suid-Afrikaans op Kwarantyn, en om 'n bietjie verskillende tale te gebruik dra by tot die ryk linguistieke landskap van almal hier op die suidpunt van Afrika. Gedurende die dag is albei spanne uitgedaag om 'n bietjie meer hul taal te meng. Dis altyd lekker om te weet hoe om die persoon langs jou te groet, veral deesdae waar ons baie meer spasie as gewoonlik tussen ons het.

Die jongste syfers van Statistiek Suid-Afrika, die regeringsorganisasie wat alles in die land meet en vergelyk, wys dat 25.3% van die bevolking meestal isiZulu praat by die huis, sowat 14.8% praat isiXhosa by die huis, terwyl sowat 12.2% Suid-Afrikaners Afrikaans by die huis praat. 

Volgende praat sowat 8.1% van ons landsburgers Engels by die huis – maar dit is ook een van die grootste tweede-tale in die land, en sowat 16.6% van die bevolking praat dit as ‘n tweede taal by die huis.

Die ander tale word as volg by die huis gepraat; Sepedi (12.4%), Setswana (11.1%), Sesotho (9.7%), isiNdebele (1.6%), Siswati (2.8%), Tshivenda (2.5)% en Xitsonga (3.6%).

Hier is hoe jy 'hallo' kan sê in verskeie tale wat oor die algemeen in Suid-Afrika en Suiderlike-Afrika gepraat word:

  1. AFRIKAANS: Hallo, hoe gaan dit met jou?
  2. ENGELS: Hello, how are you?
  3. isiNDEBELE: Salibonani, Unjani?
  4. isiXHOSA: Molo, Unjani?
  5. isiZULU: Sawubona, Unjani?
  6. sePEDI: Dumela, O kae?
  7. seSOTHO: Lumela, U phela joang?
  8. seTSWANA: Dumela, O tsogile jang?
  9. siSWATI: Sawubona, Unjani?
  10. tshVENDA: I nhlikanhi, Ku njhani?
  11. xiTSONGA: Xewani, Kunjhani? 

Hoe groet jy gewoonlik ander? Deel dit met ons op FacebookInstagram en Twitter deur die hutsmerk #Kwarantyn te gebruik.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.