Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 16: Hoekom 30 Seconds? – Kwarantyn

Nuus
25 Junie 2020
Hier is hoekom 30 Seconds steeds die beste bordspeletjie vir die hele familie is!
GettyImages 1210379910

Ons is seker jy het al op ’n punt in jou lewe byna jou humeur verloor omdat iemand net nie kon raai wat jy probeer verduidelik nie! Hoewel 30 Seconds ons almal se bloeddruk soms opstoot, bly dit die perfekte speletjie vir familie en vriende. Kom ons kyk na ’n paar redes om hierdie punt te ondersteun:

Kennis

30 Seconds is die perfekte manier om goed te leer wat jy nooit geweet het nie en terselfdetyd jouself gate uit te geniet! As jy ’n ouer is kan hierdie ’n ideale manier wees om jou kinders te leer oor die wêreld en hulle algemene kennis te verbeter. Aan die ander kant, as jy dink dat jou algemene kennis baie goed is kan 30 Seconds die beste toets wees vir jou!

Geduld

Is geduld een van jou swakste eienskappe? 30 Seconds is dan dalk die antwoord! Om vir iemand iets oor en oor te probeer verduidelik en net nie die antwoord kry wat jy soek nie kan baie frustrerend wees! As jy die speletjie wil bemeester, is geduld egter baie belangrik. Indien jy kan leer om rustig te wees in sulke situasies, sal jy in enige tipe scenario kan verhoed dat ongeduldigheid die beste van jou kry.

Iets vir die hele gesin

30 Seconds is werklik ’n speletjie wat enige iemand kan geniet! As jy voel dat jy nie die algemene kennis het om te kompeteer nie, is daar wel ander metodes waarvan jy kan gebruik maak. Deur te noem hoeveel letters in die woord is, soortgelyke woorde te noem en te verwys na goed wat iets in gemeen het met daardie woorde kan jy tog die speletjie bemeester al weet jy nie wat presies jy probeer verduidelik nie!

Mededingendheid

Kom ons wees eerlik, almal het nou en dan ’n wen nodig! Mededingendheid kan ’n gesonde deel van enige iemand se lewe wees, solank as wat jy dit nie te vêr vat nie. Bordspeletjies soos 30 Seconds kan ’n gesonde manier wees om dié eienskap te hanteer. Maak net seker dit ruk nie handuit nie!

Bly op hoogte met al die drama en vermaak deur ingeskakel te bly op kanaal 149 en gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.