Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 13: Houtskool in die hand – Kwarantyn

Nuus
22 Junie 2020
Eric Kandel het gesê dat 'n selfportret 'n manier is om iets oor jouself te onthul.
IMG 0811 copy

Vandag in die Kwarantyn-huis het die spanne die volgende groepsopdrag vanaf die Opsigter ontvang:

"Nou toe, in vandag se groeptaak teken ons SELFPORTRETTE. Dis nou OUTYDSE SELFIES vir die jeugdiges nê.

Alles wat julle nodig het is reeds vir julle opgestel daar in die Gazebo. Almal van julle gaan vandag deelneem en julle het tot 12-UUR om julself op papier te verewig.

Die niceste charcoal-selfie is 1000-PUNTE werd.

Lekker teken!"

Die Le Roux's was eerste aan die beurt om hulself vas te vang op papier, kyk hier hoe hulle gevaar het:


Hul eindproduk het baie interessant uitgedraai en spreek boekdele oor hoe hulle hulself sien.


Na die Le Roux's was dit Span Scheepers se kans om hul innerlike kunstenaar uit te bring. Loer hier:

Hier is hoe hul selfportrette uitgedraai het:

Die spanne moes wel met houtskool hierdie meesterstukke teken. Die gladde, bros materiaal is beide vergewend en uitdagend, en is dit dus ideaal om jou tekenvaardighede te slyp. 

Hier is 'n paar wenke vir die gebruik van houtskool in jou kunswerk:

  1. Moenie te donker gaan nie: Beginners druk soms te hard met die houtskool op die papier en laat dan merke wat nie maklik kan versag of uitgeveë word nie.
  2. Eksperimenteer met materiale om uit te vind wat vir jou werk: Eksperimenteer met die verskeie houtskool wat beskikbaar is om te vind wat vir jou die maklikste kan werk.
  3. Beweeg gereeld van jou werk af: Dit word egter moeilik om te sien of jou detail bymekaar kom as jy te lank fokus op een plek.
  4. Hou jou papier skoon: As gevolg van houtskool se konsekwentheid, kom dit oral - op jou vingers, polse, onderarms en jou werkruimte - wat dit maklik maak om merke op jou papier te laat. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter deur die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanScheepers en #SpanLeRoux te gebruik.

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ’n verkorte weergawe uit op kykNET, kanaal 144 sowel as kykNET&kie, kanaal 145 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00.