Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 5: Sondag sago-sagas – Kwarantyn

Nuus
14 Junie 2020
Met net ‘n handjie vol bestanddele moet #SpanScheepers en #SpanLeRoux kyk of hulle die perfekte Sondag sago-poeding kan saamflans.
sagopoeding tapioca

Met net YouTube as ‘n verwysing, en 'n sardyntjie om almal deurmekaar te maak, is Dag 5 se Koskanades nie baie maklik nie.

Net soos blatjang, Lion-vuurhoudjies en melktert is sago-poeding ‘n belangrike merker van jou Suid-Afrikaanse identiteit, en as #SpanScheepers en #SpanLeRoux nie hierdie Sondagmaal-standaard kan bak nie, wat dan?

Om die uitdaging nóg moeiliker te maak moes die deeleneemers ook ‘n ingewikkelde eend-dis opwip wat enige smulpaap gelukkig sal hou. Dit alles terwyl hulle 'n klassieke sago-poeding uit die oond en op die tafel moet kry. In slegs drie ure.

Hier is die bestanddeel-lys? Gaan hulle ‘n lekker poeding kan maak? 

Om die kombuis staan #SpanLeRoux bymekaar om 'n traditionele poeding te maak
Kom ons kyk, span Le Roux beplan hul sago-poeding,
Almal help in #SpanScheepers om seker te maak hul sago-poeding is fyngebak.
Wat gebruik hulle als? Wel alles wat hulle voor raad kry, so gaan #SpanScheepers lekker soetgoed maak.
Manne-raad. Braam, Heinrich en Adriaan maak sago-poeding.
Wat nou? Manie probeer sien hoe hy kan help om 'n poeding te maak.
Gallery
Om die kombuis staan #SpanLeRoux bymekaar om 'n traditionele poeding te maak

BESTANDDELE

  • Melk
  • Sago
  • Sout
  • Suiker
  • Botter
  • Eiers
  • Vanielje geursel
  • Kaneel
  • Appelkooskonfyt

Vir hul eend kon hulle die volgende gebruik...

  • Eend
  • Gemmerwortel
  • Sojasous
  • Blatjang
  • Knoffelhuisies
  • Sesame-olie
  • Sout
  • Kaneel
  • Swartpeper
  • Sardyne
  • Groente van jou keuse
  • Slaai van jou keuse

Maar moenie dink dat almal bly is nie. Die Scheepers het neus opgetrek toe hulle sien daar is afval in die eend, en hulle gaan dit beslis nie eet nie. Maar omdat die dis moeilik is, het elke span 'n ekstra uur gekry vir die perfekte eend en sago-poeding Sondagmaal.

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ’n verkorte weergawe uit op kykNET, kanaal 144 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00. Jy kan saam gesels deur die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanScheepers en #SpanLeRoux te gebruik op FacebookInstagram en Twitter.​