Logo

Met Koringaar wil Angus ander nader bring aan God

Nuus
01 November 2016
Koringaar is ’n geselsprogram waarin Angus Buchan na almal uitreik. Dié nuwe program skop af op 4 Desember 2016 op kykNET.
Koringaar Logo 2016

Koringaar is ’n geselsprogram waarin Angus Buchan na almal uitreik – gesinne, enkellopendes en veral jongmense. Hy moedig ons aan om terug te keer na God.

“ ’n Gesin staan onder die Verbond; kinders word aan ons geskenk deur die Vader en dit is ons verantwoordelikheid om hulle groot te maak volgens die Woord. Dit verg onvoorwaardelike liefde, begrip en die vermoë om te kan sê ek is jammer,” sê Angus.

Dit is sy missie om veral nou, in hierdie tye, ons land se mense te lei in gebed. Om die Vader te vra om ons te verlos van ’n gees van geweld, korrupsie, haat, onvergewensgesindheid, woede en negatiwiteit.



Die kyker kuier by Angus op sy plaas naby Greytown, KwaZulu-Natal, waar hy bekendheid verwerf het as die “Cowboy”-prediker. Sy Landbou-handboek (sy Bybel) is nooit te ver van hom af nie.

Koringaar begin op 4 Desember 2016 om 09:30 op kykNET.

Hou ons webblad dop vir meer inligting.