Logo
Kom Ons Jol 1600x640 Showpage Billboard
web uni tv guide

Kom Ons Jol

144Musiekprogram13 L
Kom ons jol

Kom Ons Jol, ’n splinternuwe en interaktiewe musiekprogram, bied aan kykers bobaas musiek en hope geleenthede vir dans, saamsing en lag in die gemak van hul eie sitkamer of stoep soos nog nooit vantevore nie. 

S2 | E1
01 Augustus 20:00
'S2/E1'. Kom ons Jol is vol kuier musiek, gemeng met die beste deel - jy die kyker! Jy kuier saam in jou sitkamer of op ...

Kom Ons Jol bring die JOL terug na JOU!

News
23 April 2020
Verlang jy na die gevoel van ‘n lekker jol saam met jou vriende en familie oor ‘n naweek? Wel, goeie nuus! kykNET bring die JOL terug na JOU! So, maak die litte los en warm jou stem op vir Kom Ons Jol vanaf Saterdag 25 April 2020 om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.
Kom-Ons-Jol_1600x640_Showpage-Billboard

Kom Ons Jol, ’n splinternuwe en interaktiewe musiekprogram, bied aan kykers bobaas musiek en hope geleenthede vir dans, saamsing en lag in die gemak van hul eie sitkamer of stoep soos nog nooit vantevore nie. Boonop kom kuier van die land se top kunstenaars óók saam met hul akoestiese sessies elke Saterdagaand!

Tog bly die belangrikste deel van hierdie nuwe program, die kykers.

Kykers sal die geleentheid kry om spesiale gelukwensings aan vriende, familie en geliefdes te stuur met ’n musiekvideo in die verloop van die program elke week. Hulle sal ook hul eie karoake video’s aanstuur waar dit ’n kans staan om tydens die program op kykNET gewys te word.

Daar sal ook weekliks ’n eiesoortige sosiale media uitdaging aan kykers gestel deur die Kom Ons Jol-span waar daar altyd tyd sal wees vir lekker lag tussen die hope kuiermusiek.

Die aanbieder van Kom Ons Jol is niemand anders as Hamilton Wessels nie.

Kyk hier vir die befaamde oomblik toe Hamilton die Webb Ellis-trofee gesteel het en die Japanese verlede jaar op hol gehad het:

Hamilton, ook bekend as Hammie, sal vir twee ure kykers vergesel tussen lekker kuiermusiek, gaskunstenaars, video’s en hul Saterdagaand avonture met geliefdes.

“Ek is bitter opgewonde oor Kom Ons Jol, want die program se sukses gaan vir die eerste keer nie afhang van bekende gaste of die aanbieder nie, maar wel van die waardevolste bate van kykNET, die kykers. Kykers gaan nie net inbel of ’n WhatsApp-boodskap stuur nie, maar die geleentheid kry om video’s vir ons te stuur tydens die program en sodoende Kom Ons Jol se gaste word!” – Hamilton Wessels, aanbieder van Kom Ons Jol.

Hamilton sal elke week die program afskop met sy gunsteling musiekvideo en daarna inloer by kykers en hul doen en late op sosiale media asook video’s van hul uitdagings wat hulle ingestuur het. Voorwaar ’n program vir die kykers, met die kykers.

Hamilton sal ook in die verloop van hierdie twee uur lange, interaktiewe musiekprogram verskeie oproepe neem van kykers by die huis waartydens hul verskillende musiekvideo’s kan versoek om te speel.

Kom Ons Jol sal ook by ’n paar bekendes inloer om te sien wat hulle op ’n Saterdagaand aanvang. En vir die laaste uur van die program sal daar twee sessies wees waar ’n kunstenaar vir ons lekker musiek maak.

Die eerste gaskunstenaar op Kom Ons Jol vandeesweek is Danny Smoke.

Die res van die gaskunstenaars sal elke week bekend gemaak word op kykNET se sosiale media blaaie.

Kom Ons Jol begin vanaf hierdie Saterdag 25 April 2020 om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 met ’n herhaling Sondae om 15:00 op kykNET NOU, DStv-kanaal 146

Nog Programme