Logo
Koekedoortjie
web uni tv guide

Koekedoortjie

144KosprogramFamilie

Wicus se gevlegde biltong- en peppadew-brood

Gebak

3

Die Koekedoortjies moes vandeesweek vir erfenis bak en Wicus se broodgebak het koning gekraai. 

Koekedoortjie_Wicus
Bestanddele

1 pakkie kitsgis

1 k water (lou)

25 ml suiker

475 g witbroodmeel

5 ml sout

60 ml olyfolie

1 k biltong (fyn)

125 ml peppadews/pikante rissie (gekap)

215 g roomkaas

30 ml room

1 eier (geklits vir smeer)

Metode

1. Voorverhit die oond tot 200˚C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en smeer die bakpapier of bespuit met kleefvrye sproei. 
2. Meng gis, louwater en suiker in ’n beker tot gis opgelos is.
3. Voeg die witbroodmeel, sout en olyfolie in ’n mengbak van ’n staanmenger. Gebruik die K-hak. 
4. Giet die giswater by en meng dit in met die klitser op volspoed met die deeghak. Wanneer die deeg teen die hak begin opklim, dan is dit reg.
5. Plaas ’n plastieksak oor die bak en laat staan op ’n lekker warm plek sonder ’n trek en laat dit rys vir ±20min. 
6. Meng biltong, peppadews, roomkaas en room saam in ‘n bakkie. Hou eenkant.
7. Sprinkel meel op die werksoppervlak, keer deeg daarop uit en rol so plat as moontlik in ’n vierkant.
8. Smeer die biltongmengsel op die vierkant. Los 1 cm rondom oop.
9. Verf die onbedekte strook met die geklitste eier.
10. Rol brooddeeg op soos ’n wors. Rol die las vas en draai die las na onder. Sny die rol in die middel deur met ’n skerp mes in 2 stukke en druk die punte vas.  
11. Plaas die rol op die voorbereide bakplaat op bakpapier. Bedek met ’n klam vaddoek. Laat goed uitrys. 
12. Plaas onbedek in die warm oond en bak vir 5 minute teen 200˚C en draai dan oond laer na 180˚C en bak nog 25 minute tot gaar. (As jy hom uithaal en hy voel nog sag en rou sit weer terug). 

Koekedoortjie_Errieda
Errieda se vetkoek met kerriemaalvleis
2018-05-09

Errieda se vetkoek met kerriemaalvleis

Gewildste Resepte