Logo

Tien moet-hê-kombuisitems

Nuus
27 Junie 2018
Hoeveel van die items is op jou lysie?
Koekedoortjie_Kombuisitems

Foto: Getty Images

Die meeste sjefs sal saamstem dat geen twee kombuise dieselfde lyk nie. Dieselfde geld vir kombuisitems – elkeen se lysie van moet-hê-items verskil. Wat een mens as ’n besemstok sien, sien ’n ander een dalk as ’n nuttige kombuisitem. Vra maar vir Koekedoortjie-beoordelaar Nic van Wyk wat sy tien moet-hê-kombuisitems met ons gedeel het. 

1. ’n PVC-pyp – ons gebruik dit vir so baie dinge, dit is ’n goeie mould vir nageregte en dit hou ook slaai mooi rond. Dit is baie goedkoper as staalringe.

2. Paint scraper, daai soort wat jy vir polyfilla gebruik. Dit maak die beste deegsnyer, want hulle is dun en skerp en jy kry ’n paar verskillende grootes in ’n pak.

3. Ou besemstokke wat ons met plastic wrap toedraai en dan tussen tafels sit om pasta op te hang om droog te word.

4. Skerp messe. Ek het seker 20 messe, maar ’n mooi en skerp mes bly moeilik om te weerstaan.

5. ’n Goeie sterk handmenger vir sous.

6. ’n Chinois-sif (’n baie dun sif).

7. ’n Eenvoudige hout broodroller.

8. ’n Syfen (soos die outydse whipped cream guns).

9. Nonstick-panne, blue steel-panne én goeie potte.

10. ’n Microplane-rasper. 

VIND UIT HOE GOED IS NIC SE SMAAKKLIERE ONTWIKKEL

Moenie ’n oomblik van die opwinding in die winterwonderland misloop nie. Skakel Woensdae om 20:00 in op DStv-kanaal 144 vir Koekedoortjie. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Koekedoortjie.