Logo
Koekedoortjie
web uni tv guide

Koekedoortjie

144KosprogramFamilie

Wicus se vet, soet broodvarkies

Gebak

5

Die beoordelaars was gaande oor Wicus se vet, soek broodvarkies. 
 

Koekedoortjie_varkies
Bestanddele

Deeg

180 ml water (louwarm)

1 e suiker

1 pakkie kitsgis

60 ml olie

250 ml melk

4 k witbroodmeel

2,5 ml sout

eierwas

Vir spek-glanskersies

tandestokkies vir vassteek

olie

streepspek

rooi glanskersies

Metode

Vir spek-glanskersies:
1. Voorverhit oond tot 200˚C.
2. Voer bakplaat met foelie uit. Smeer met olie.
3. Rol 1 kersie in streepspek en steek vas met tandestokkie.
4. Pak op bakplaat.
5. Bak vir 5 min en draai om en bak vir nog 5 min.

Deeg:
1. Stel oond terug na 180˚C. 
2. Meng die water, suiker en gis tot gis opgelos is.  
3. Gooi die olie, melk, meel, sout en giswater in Kenwood staanmenger se bak.
4. Knie met deeghak tot die deeg teen die hak opklim.
5. Bedek met plastieksak en laat rys op die stoof totdat dit dubbel so groot is.

Maak die varkies: 
1. Kry groot bakplaat (of 2) reg. Smeer met botter.
2. Klits 2 eiers en hou dit reg in ’n bakkie en kwas om later die varkies te smeer.
3. Maak 10 x 65 g deegballe en maak 10 x 12 g balle vir die kop. Hou oorskietdeeg. Gooi toe met klam vaddoek.
4. Rol 65 g bal plat, plaas spekrolletjie binne in. Vou deeg om die spek en Knysna vas om lyf te vorm. Plaas met die naatkant op die bakplaat.
5. Sit kop aan mekaar; vorm snoet, ore en stert met oorskiet deeg. Heg vas en pak op die bakplaat.
6. Smeer met eierwas.
7. Bak vir 15 – 20 min tot goudbruin en gaar.
8. Maak klein bietjie bruin kleursel aan met water of bruin jel kleursel. Gebruik klein kwassie en teken neusgate en oë op die klaar gebakte varkie.

Kampkos_stephanvanhuyssteen
Kampkos Logo
2018-05-17

Stephan se nessie-eier-deluxe

Gewildste Resepte