Logo
Koekedoortjie
web uni tv guide

Koekedoortjie

144KosprogramFamilie

Suidpool-sneeupieke

11 April

8 sneeupieke

Gebak

3

Die Koekedoortjies maak soet ‘sneeupieke’ vir ’n winter-wonderland, ’n tuisgemaakte weergawe van sweetie pie-lekkergoed.

Koekedoortjie
Bestanddele

Koekiebasis:

50 g strooisuiker

50 g sagte botter

30 ml melk

100 g amandelmeel

100 g koekmeel plus ekstra vir strooi op jou werksoppervlakte

knippie sout

Meringuesneeu (Switserse meringue):

5 ml bakpoeier

3 eierwitte

150 g strooisuiker

30 ml goue stroop

knippie sout

Sjokolade-buitelaag:

2 druppels roos-essens opsioneel

Versiering:

donkersjokolade in klein stukkies gekap

rooi glanskersies gebruik volgens eie keuse

*witsjokolade-sneeuvokkies sien riglyne

Metode

Dit was die tien jong bakkers se eerste kennismaking van die Koekedoortjie-stoor wat lyk asof dit oornag toegesneeu het. Daarom hierdie ys-like uitdaging om Suidpool-sneeupieke te maak. Dis soortgelyk aan die geliefde sweetie pie wat ons in die winkels sien, toegedraai in blink, rooi lekkergoedpapier.

Net soos die eksimo’s 50 woorde vir sneeu het, het sweetie pies baie ander name in ander lande:  Flödeboller (Denemarke), tunnocks-teekoekies (Skotland); krembo (Israel); sjokolade malvalekker-teekoekies (Engeland) en schokoküsse (Duitsland).

Dis bekend as bombocas in Portugal, en in die VSA en Kanada moon pies, whippets en wagon wheels.

Die bestanddele is ook ene sneeu: koekmeel, suiker en klapper vir die koekiebasis, spierwit malvalekker-meringue binne, gedoop in sjokolade.

’n Blink glanskersie sorg vir die rooi van die sweetie pie se blink lekkergoedpapier. Net soos elke jong bakker, is elke sneeuvlokkie uniek, en daarom moes hulle ook hul eie sneeuvlokkies ontwerp het.

Die Koekedoortjies maak soet ‘sneeupieke’ vir ’n winter-wonderland. Dis eintlik ’n tuisgemaakte weergawe van sweetie pie-lekkergoed. Dit bestaan uit ’n koekiebasis met Switserse meringue bo-op gespuit, en dan in gesmelte sjokolade gedoop. Versier met sneeuvlokkies van witsjokolade, en ’n tikkie rooi glanskersie.   

Krediet: Errieda du Toit, Koekedoortjie-inhoudsvervaardiger




Maak die koekiebasis:

  1. Room die suiker en die botter tot dit lig en donsig is.
  2. Klits die melk stadig by en moenie skrik as dit lyk of dit skif nie.  
  3. Sif die orige bestanddele – die fyn amandelmeel, koekmeel, knippie sout en bakpoeier by en roer om ’n deeg te vorm. Druk dit met jou hande bymekaar. Draai die deeg in kleefplastiek toe en plaas dit 30 minute in die yskas om ferm te raak. 
  4. Terwyl die koekiedeeg rus, voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier.
  5. Strooi die werksoppervlak liggies met koekmeel en rol die deeg sowat 0.5 cm uit. Druk uit met ’n 7 cm koekiedrukker. Plaas die deegsirkels op die bakplaat en laat dit vir 10 minute in die yskas om af te koel. Bak die koekies in die voorverhitte oond tot dit ferm en goudbruin is, sowat 15 minute. Laat die koekies afkoel op ’n afkoelrak.

Intussen, maak die Switserse meringuesneeu:

  1. Voeg die eierwit, strooisuiker, gouestroop en sout saam in ’n silwerskoon bak van die Kenwood-staanmenger. Plaas die bak oor ’n kastrol met stadig-pruttende warm water. Die bak moenie aan die water raak nie! Klits die mengsel met elektriese handklitser op medium spoed oor die kastrol warm water aanhoudend tot die eierwitmengsel so warm is dat dit jou vinger brand (55 °C op suikertermometer) en die suiker opgelos is.
  2. Plaas die bak nou in die staanmenger en klits teen hoë spoed totdat dit blink is en stywe punte vorm en die mengsel afgekoel het. Vou die fyngekapte amandels by die meringue in en skep dit in ’n spuitsak. Hou eenkant.

Smelt nou die sjokolade:

  1. Plaas die sjokoladestukkies in ’n bak oor ’n kastrol met liggies-kokende water tot gesmelt en glad. Die bak moenie aan die water raak nie!
  2. Knip die punt van die versiersak en spuit spiraalpieke sowat 6 cm hoog op elke koekie. Plaas die sneeupieke minstens 10 minute in die yskas of ’n koel plek om fermer te word.
  3. Bedek die sneeupiek met die gesmelte sjokolade (dis dalk nodig om die sjokolade net weer te smelt om dit loperig te kry. Versier met sneeuvlokkies. Die sjokolade sal na sowat 5 tot 10 minute geset wees.

Sneeuvlokkie-riglyne: 

  1. Teken jou sneeuvlokkie patrone (templaat) op wit papier. Plaas ’n vel bakpapier of waspapier bo-oor en heg dit in plek met kleeflint.
  2. Skep gesmelte witsjokolade in spuitsak met ’n geskikte spuitpunt. Spuit die sneeuvlokkiepatroon volgens die templaat. Die lyne moet dik genoeg wees sodat die sneeuvlokkie nie breek nie.  
  3. Laat sneeuvlokkies hard word voor jy dit aftrek van die papier. Dit sal gouer hard word in die yskas/vrieskas. 
Die-Groot-Ontbyt-3-1
Wicus se spieëlkoek
2018-06-27

Wicus se spieëlkoek

Gewildste Resepte