Logo
Koekedoortjie
web uni tv guide

Koekedoortjie

144KosprogramFamilie

Koekedoortjie: Kalm en tydslim

Nuus
26 Junie 2018
Christi Myburgh van Kokkedoortjie-faam gee raad vir Nix en Wicus.
Koekdoortjie

Christi Myburgh, naaswenner van Kokkedoortjie, se lewe is alles behalwe rustig vanaf sy deelname aan dié werklikheidsreeks. Ons het by ingeloer om uit te vind waarmee hy deesdae doenig is, en wat sy raad vir Koekedoortjie se Nix en Wicus is.

  1. Waarmee hou jy jouself besig sedert jou deelname aan Kokkedoortjie?
    Na my deelname aan Kokkedoortjie het ek my eie brownie- en koek-besigheid genaamd Just me begin wat ons in Bloemfontein gestig het. Dit is nou nogals ’n groot besigheid en hou my baie besig. (Volg Just Me op Instagram en Facebook.)
     
  2. Hoe het die publiek teenoor jou gereageer na jou deelname?
    Na my deelname aan die kompetisie het die mense my gestop en vrae gevra oor hoe dit was. Ek was verbaas hoe lank mense na die tyd kon onthou hoe ek lyk – selfs nou die dag het ’n tannie by die rugby langs my gesit. Sy het presies geweet wie ek is, en het my uigevra oor die kompetisie.
     
  3. Wat was vir jou anders nadat jy deelgeneem het aan Kokkedoortjie?
    Na my deelname aan Kokkedoortjie het ek defnitief meer kennis, en my tydsbeplanning is baie beter. My selfvertroue is ook baie beter en my ervaring natuurlik ook baie meer.
     
  4. Wat is jou raad aan Koekedoortjie-finaliste Nix en Wicus?
    My raad aan beide van hulle is om kalm te bly in situasies en om tydslim te wees, want tyd is die grootste faktor in die kompetisie – om byvoorbeeld te weet om die koek vroeg in te sit sodat dit kan bak én nog afkoel.
     
  5. Wie dink jy gaan gekroon word as Koekedoortjie se bobaas-bakker?
    Ek dink Wicus gaan wen, want hy het vir my die meeste gegroei tydens die kompetisie, en hy is ook ’n baie eksentrieke persoon. Hy is ook baie kreatief en hy maak ook baie planne. En hy is ook baie slim – as enigiets verkeerd loop, weet hy wat om te doen.

Onthou jy toe Kokkedoortjie-wenner en -naaswenner op die Kwêla-bank gekuier het? Kyk die video hier onder:


Nadat die wenner van Kokkedoortjie aangekondig was, het ons met Christi en sy ma, Brenda, agter die skerms gesels – kyk die video hier

Dié week reik ons finaliste Nix en Wicus na die sterre. Skakel Woensdag om 20:00 in om aan te hoor wie as wenner van Koekedoortjie bekroon gaan word.