Logo

Knapsekêrels: Slotepisode op WhatsApp vasgevang

Nuus
06 April 2018
Ons kykers is nog altyd bekend vir hul vindingrykheid. Só het ’n onlangse WhatsApp-gesprek tussen ma en dogter verloop tydens die slotepisode van Knapsekêrels.
Billboard_Armand Aucamp

Mynie Bekker. FOTO: Vernondo Boshoff

Waarskuwing: Indien jy nog nie die laaste episode van Knapsekêrels gekyk het nie, moenie verder lees nie!

Dis nie net op plaaslike bodem wat die intriges rondom die Zimmermans, Davidse, Bekkers en Fortuins enduit geboei het nie. Die slotepisode het selfs gesorg vir internasionele boodskappe wat heen en weer gevlieg het. 

Lees meer oor die slotepisode hier. 

’n Kyker het ná afloop van die reeks die volgende gesprek met ons gedeel. Haar ouers is op die oomblik oorsee en was baie teleurgesteld dat hulle die laaste episode van hul gunsteling-drama mis. Die kyker het darem vinnig ’n plan beraam om haar ouers stap-vir-stap op hoogte te hou.