Logo

kykNET NOU! se MVP: Hier is die wenners!

Nuus
25 Augustus 2017
Ons kan uiteindelik die wenner van kykNET NOU! se MusiekVideoProjek (MVP) en die kykersprys aankondig.
MVP Lee Bill

FOTO: Vanuit die musiekvideo vir “Perfekte vreemdeling”

Die MusiekVideoProjek (MVP) is vanjaar ’n groot hoogtepunt en soos gewoonlik kook die musiekvideo’s behoorlik!

Die top-10 musiekvideo-wenners, wat elkeen R50 000 ontvang het om hulle meesterstukke mee te maak, kan nou spog met hul nuutste musiekvideo’s op kykNET se webblad asook op kykNET NOU!.

Dié projek is ’n goue geleentheid vir bestaande kunstenaars en produksiespanne om hulle ware talente na vore te bring, en waar ons kykers ook hef in die hand het.

Vanjaar het ons kykers die geleentheid gehad om via SMS vir hulle gunsteling-video te stem. Die SMS-stemlyn het op 15 Augustus om middernag gesluit en die wenner van die groot prys, wat nóg ’n musiekvideo ter waarde van R50 000 is, is bepaal.

Die wenner is op 25 Augustus om 20:00 op Die Top 20 op kykNET NOU! aangekondig en ’n kyker wat deelgeneem het aan die SMS-kompetisie het dan ook ’n kans gestaan om ’n getekende CD-pakkie van die top-10 te wen!

Hier is ons 2017-MusiekVideoProjek-wenner – baie geluk aan LEE SCOTT.

Die wenner van die kykersprys is Christa Landsberg.

Links: Christa Landsberg

Baie geluk aan die wenners!