Logo

kykNET NOU! se MVP: Hier is die musiekvideo’s

Nuus
04 Augustus 2017
Watter van dié kykNET NOU! MusiekVideoProjek (MVP)-wenners se musiekvideo is jou gunsteling? Laat jou stem tel!
MVP Videos Bill

Die 2017 kykNET NOU! MusiekVideoProjek (MVP) het in Junie 2017 afgeskop, met ’n uitnodiging vir plaaslike Afrikaanse kunstenaars en groepe om ’n idee vir die blinkste, nuutste en varste musiekvideo in te skryf. 

Die tien wenners het elk R50 000 ontvang om ’n musiekvideo mee te maak, wat deur die loop van Julie 2017 vervaardig is.

Dié musiekvideo’s is op Vrydag 4 Augustus 2017 om 20:00 vir die eerste keer eksklusief op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) se Die Top 20 uitgesaai.

Het jy dit misgeloop? Kyk dit dan weer hier onder!

Stem vir jou gunsteling-video

Hou jy van wat jy sien? Stem dan vir jou gunsteling-musiekvideo deur “MVP” en die kunstenaar se naam te SMS na 40800 – byvoorbeeld: MVP KAREN ZOID.

DIE SMS-LYN IS REEDS GESLUIT. DIE WENNER SAL BINNEKORT AANGEKONDIG WORD.

  • Die SMS-lyn is oop vanaf 4 Augustus 2017 om 21:00 tot 15 Augustus 2017 om middernag.
  • Elke SMS kos R1,50.
  • Slegs een inskrywing per selfoonnommer sal oorweeg word.
  • Die wenner sal deur ’n gelukkige trekking bepaal word.

Die wenner sal ’n geskenkpak met 10 getekende CD’s van die MVP-wenners losslaan. Die gelukkige kyker sal gekontak word op 16 Augustus 2017 om 16:00 op die nommer wat gebruik was om die SMS te stuur. Sou die wenner nie bereikbaar wees in hierdie tydperk nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Ons sal ’n geskikte tyd vir aflewering van die geskenkpak met die wenner bespreek, en die pakkie sal dan via koerier afgelewer word.

Die kykersgunsteling-wenner sal in Die Top 20 op 25 Augustus 2017 om 20:00 op kykNET NOU! aangekondig word.

Lees ook die bepalings en voorwaardes hier onder.

Elvis Blue – “WERNER”

“Werner” is die komiese, dog hartroerende verhaal van ’n knaap wie se lewe wilde draaie geloop het. Die tipe seun wat terselfdertyd die appel van sy Ma se oog en haar grootste hartseer is. Die karakter van “Werner” is kompleet met ‘zef’ leerbaadjie en ’n ‘bad boy’-houding. Elvis vertel “Werner” se storie aan ’n groep honde om ’n potjie kaarte.

Kredietlys: 
Kunstenaar: Elvis Blue
Regisseur: Warren le Grange (Khoi Kreative)
Vervaardiger: Kerry Glover

Emile YX – “Ko lat ons sing”

Suid-Afrikaanse rappers glo dat die hip-hop-kultuur alreeds sy wortels in die tye van rotskuns gehad het, asook die danse om die vuur en verskeie aspekte van die oeroue Boesmankultuur. Dié video beeld verskeie ooreenkomste uit.

Kredietlys:
Kunstenaar: Emile YX
Vervaardiger: Xami Produksies
Regisseur: Alizia Linden
Kamera: Leon Human
Assistent-kamera: Lourens Human
Redigeerder: Alizia Linden
Finale meng: Moonshadowmusicproductions
Dansers: Die Tiervlei vastrappers (Shameelah Kinnear, Megan Sawyer, “X2C” Eftha, Stefan “B-boy Mouse” Benting)

Spesiale dank aan:
Bestuur –!khwa ttu
Melinda en Erik de Melander – Bushman’s Cave

Francois Van Coke – “Beter Mens”

Die video speel af in ’n vergete “nêrens”-dorp waar die lug dik is met verveeldheid en frustrasie – waar die proses van grootword beter beskryf word as die proses van doodgaan. Die hoofkarakter is ’n jong man wat deur verskeie fases van sy lewe in die dorp gaan en daar is tonele van sy onlangse verlede en sy frustrerende, en skynbare sinnelose, bestaan.

Kredietlys:
Regisseurs: Helen en Kim
Uitvoerende vervaardiger: Jason Plumbly
Vervaardiger: Reinette Du Toit
Kinematograaf: Kim Hinrichs 
Redigeerder: Kim Hinrichs
Kleurgradering: Nic Apostoli


Rolverdeling: 
Werner F. Smith
Jannie Smith
Marnes Van Der Waldt
Hansie Pretorius
Jael Ross
Stephan Myburgh
Frikkie Pelser
Chaneke Venter
Joane Venter
Dirkie Hugo

Herman Kleinhans – “Die Kamer Sal Weet”

Die musiekvideo wys die verhouding van ’n jong getroude paartjie en hoe hulle aanstap in lewensjare. Ons beleef verskillende hoogte- en laagtepunte saam met hulle. Al die tonele vind plaas in die kombuis van hulle splinternuwe huis.

Kredietlys:
Produksiehuise: CoolerBox Brothers en VPHFILMS
Akteurs: Adam Heyns en Jana Coetzer
Regisseur: Michael van Zyl
Vervaardiger: Marno Koen
Konsep: Marno Koen & Michael van Zyl
Skrywer: Marno Koen
Kinematografie: Michael Van Zyl
Regisseur: Ludwig Loots
Kuns-regisseur: Tirath Bhoola
Kuns-assistent: Colin Hannigan
“Grip”: Vukani Muthakhi
“Grip”-assistent: Zoe Mlilo
Grimeerkunstenaar: Loraine
“Best boy”: Ben Thebhoho Motaung
Stelkonstruksie: Johann Krynauw (Automatic Custom Creations)


Ekstras:
Dawid Clark
Eugene Christensen
Estian van der Merwe
Janita Gruindelingh
Jeanette van den Berg
JJ Jacobs
Johan Cronjé
Kate Demetrou
Maritz Mölles
Monique Bosch
Sasha-lee Cornelius
Tatum Zimmermann

Lee Scott – “Perfekte Vreemdeling”

Die konsep van die musiekvideo behels die onmiddellikheid van die vermaakwêreld en dat enigiemand op enige gegewe tyd soos die “perfekte vreemdeling” in die bedryf kan voel.

Kredietlys:
Vervaardiger: Homebrew Films
Kunstenaar: Lee Scott
Regisseur: SW Strauss
Kinematograaf: Pieter Seyffert
Kamera-assistent: Dirk Gouws
Produksiebestuurder: Martin Gouws
Produksie-assistent: Vuyo Nibe


Stelontwerp & rekwisiete:
Estian Pienaar
Takudzwa Nyandebvu
John Chipokore
Dylan Goliath

Beligting:
Chris Gardner
Rohard Oosthuizen
Brendan van Wyk
Faizel Salie


Hare en grimering: Willem Botha
Redigeerder: SW Strauss
Finale meng: Stef Albertyn en Tamryn Breakey

Len Muller – “Sing vir Sente”

Met behulp van illustrasie en animasie, word die verbeeldingswêreld van die karakter ‘klein-Len’ geskep. Om te droom is om te waag. Om braaf te wees en gróót te wees, al blyk die alewige struikelblokke van die lewe onoorkombaar. ’n Mens probeer so dikwels die vurk in die pad vermy, maar miskien net dáár, in die fondasie en stilte van elke sogenaamde hindernis, lê die mooiste deel van die lewe: ervaring.

Kredietlys:
Konsep en ontwikkeling: Len Muller en Helga Malan
Vervaardigers: Nouvanaand Films
Lynvervaardiger: Chanél Muller
Projekbestuurder: Zandré Coetzer
Illustreerder: Helga Malan
Animasie: Jean Daniel le Roux
Na-produksie fasiliteerder: Scharl van der Merwe
Na-produksie fasiliteite: Nouvanaand Films
Aanlynredigeerder & finale meng: Regardt Botha

Moses Metro Man – “Mona Lisa”

Moses Metro Man se liedjie “Mona Lisa”, handel oor iemand wat op soek is na ’n liefde/muse/inspirasie. Vanaf ’n tentjie in die Namib-woestyn, met die vorige aand se rookseine wat nog die lug intrek, deur die landskap tot by die punt waar die woestyn en see bymekaar uitkom. Dit is dáár waar hy sy Mona Lisa vind.

Kredietlys:
Vervaardiger: Perskeblom Produksies
Regie: Jako Meyer en MJ du Preez
Assistent-regisseur: Francois van Rensburg
Kinematograaf: Marius de Nysschen
Lynvervaardiger: Inge Daneel
Kostuums en rekwisiete: Inge Daneel
Akteurs: Luan Jacobs en Christia Visser

Moses Metro Man:
Jako Meyer
Benjamin de Jager
Hein Kruger
Ruan Kruger

Riku Lätti – “As tyd kon tik”

Die liedjie “As tyd kon tik” het ’n hipnotiese element wat vasgevang kan word met die wys van die arms van ’n horlosie, maar ook tegelyke tyd met die versnelling van die verloop van tyd deur middel van “time lapse”-fotografie. Ons wil Riku met sy band as konstante afneem in ’n wêreld wat vinnig verander van dag na nag, maar ook die verandering van die seisoene.

Kredietlys:
Met:
Riku Lätti
Jackie Lätti
Jean ‘Tunes’ Marais
Mark Louis Ellis
Amanda Herbst
Willie Conradie

Konsep:
Riku Lätti
Jackie Lätti
Herman van Deventer
Kilroy Was Here! Productions

Vervaardiger: Kilroy Was Here! Productions
Regisseur: Gideon Breytenbach
Kinematograaf: Charl J. Naudé
“Focus pullers”: Harsheen Patel en Herman van Deventer
Kamera-assistent: Christo Oberholster

Regisseur-eenheid 2: Herman van Deventer
Na-produksie fasiliteite: Kilroy Was Here! Productions
Redigeerder: Gideon Breytenbach
Spesiale effekte: Charl J. Naudé
Kleurgradering: Gideon Breytenbach


Grimering & kostuums:
Charl J. Naudé
Heinrich Olckers
Jackie Lätti
Gideon Breytenbach

Bestemmings:
Hannes & Kobie Olckers
Herman van Deventer

Spyseniering: Hangklip Hotel
Finansies: Charl J. Naudé

Toerusting:
Kilroy Was Here! Productions
Slate City
Cam-a-lot Rentals

Spoegwolf– “Flikker”

Die konsep rus op twee hoofelemente: ’n gestilleerde vertoning en ’n onderwater-toneel geskiet deur bekende fotograaf, Ilse Moore. Spoegwolf sing die lied onder teaterbeligting en lig só die belangrike liriese elemente en musikale oomblikke uit. Daar speel ’n surrealistiese romanse onder die water af. In die laaste refrein, die emosionele klimaks van die snit, ontplof die toneel in chaos en lig.

Kredietlys:
Regie: Chris von Wielligh
Assistent-regisseur: Danie du Toit
A Spoegwolf Production

Kinematograaf (Vertoning): Hugo Brand
Kinematograaf (Onderwater-tonele): Ilse Moore

Redigeerder: Chris von Wielligh
Kleurgradering: Chris von Wielligh en Hugo Brand

Rolverdeling:
Spoegwolf
Marguerite van Eden
Emma Pearse
Bianca Lock
Nicola Janse van Rensburg


Onderwater-tonele:
Beligting en stel-assistent: Sean Moore en Dewald Prinsloo
Klerekas: Silver Swallow Designs
Grimeerkunstenaar: Maureen Grobler
Duik-ondersteuning: Geko Divers (Richard)
Verfilm by: Aquamarine aquatic academy, Johannesburg


Vertoning:
Beligting en stel-assistent:
Rèniell Matthysen
Wadda du Toit
JC Carstens
Jarrod van der Heever
Alex

Verfilm by: Berg River Breweries, Paarl


Spesiale dankie aan:
Berg River Breweries en kykNET

Willim Welsyn – “Al Die Cool Kinders”

Die liedjie handel oor sosiale media en al die nuwe weergawes van ou emosies en verwarring wat dit tot die moderne mens se psige bring, soos: afguns, angs, hoë verwagtinge, jaloesie, eensaamheid, afsondering, hoop, blydskap, populariteit en hartseer.

Kredietlys:
Draaiboek: Willim Welsyn
Vervaardiger: Pierre Arnold
Finansies: Dirkie van der Merwe
Regie: Willim Welsyn
Kinematograaf: Juan le Roux
“Spark”: JP van der Merwe
“Focus Pull”: Matt McDonald
Klerekas en grimering: Anel Dippenaar
“Gaffer”: Kasper de Lange
Redigeerder: Nico Burger
“Grip”: Ebernezer Munjanju
Band: Willim Welsyn (kitaar), Gerhard Grobler (baskitaar) en Kyle Gray (dromme).
Hoofrol: Erica Wessels
Spyseniering: Michelle Gray
Verfilm by: Visual Impact
Kunsdepartement: Golden Circle Productions

Bepalings en voorwaardes vir deelname

1. Hierdie is die standaardbepalings en -voorwaardes vir kompetisies aangebied of ondersteun deur of in samewerking met die MultiChoice Suid-Afrika Groep (“MultiChoice”).

2. Jou inskrywing vir hierdie kompetisie en/of jou aanvaarding van ’n prys (indien jy een sou wen) beteken ’n bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes van dié kompetisie sowel deur jouself as deur enige persoon met wie jy ’n prys deel (indien jy ’n prys sou wen vir jou en een of meer addisionele persone – “jou metgesel”).

3. Die kompetisie is nie oop vir
3.1. direkteure, lede, vennote, agente, werknemers of konsultante van die Naspers Groep of maatskappye of enige verskaffer van goedere of dienste wat verband hou met die kompetisie nie; en ook nie vir
3.2. die eggenoot, lewensmaat, sakevennoot of medewerker, of die natuurlike of aanneemouer, kind, of broer of suster, van enige van die persone soos in 3.1. hierbo gespesifiseer nie.

4. Deelnemers onder die ouderdom van 18 moet die toestemming van hul ouers of voogde kry voor hulle mag inskryf vir die kompetisie.

5. Tensy die kompetisiereëls dit uitdruklik toelaat, mag jy slegs een keer voor die sluitingsdatum vir die kompetisie inskryf. Jy mag ook nie inskryf of ’n kompetisie wen indien jy gedurende die afgelope drie (3) maande ’n kompetisie gewen het wat deur of in samewerking met ons aangebied is nie. Jy kan eers weer aan ’n kompetisie wat deur of in samewerking met ons aangebied is, deelneem drie (3) maande ná die datum waarop jy die vorige kompetisie gewen het.

6. Indien jy ’n selfoon gebruik om vir die kompetisie in te skryf, sal jy verantwoordelik wees vir die koste van die telefoonoproepe of SMS’e teen die geldende tariewe, wat mag wissel van tyd tot tyd. Gratis minute onder ’n selfoonkontrak sal nie geld vir die oproepe of SMS’e waarmee jy vir die kompetisie inskryf nie.

7. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat jou inskrywing deur ons ontvang word voor die sluitingsdatum van die kompetisie. Enige inskrywings wat nie ontvang word voor die sluitingsdatum van die kompetisie nie sal nie in aanmerking kom nie, ongeag die rede vir die laat inskrywing. Ons en ons geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige inskrywings wat ons nie ontvang het nie, ongeag of dit betyds of laat ingestuur is, en ongeag die rede waarom ons dit nie ontvang het nie. Sonder beperking of uitsondering, is ons en ons geaffilieerde maatskappye nie verantwoordelik vir enige probleme of tegniese foute of wanfunksionering van enige telefoonnetwerke of -lyne, aanlyn rekenaarstelsels, internetdiensverskaffers, rekenaarhardeware of -sagteware, verkeersknope (hetsy of dit fisies of op die internet of met telefoonverbindings of enige ander diensverskaffer, webwerf of ander toestel of medium is), of enige kombinasie hiervan, of enige ander tegniese of ander probleme nie.

8. Ons en ons geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige besering of skade aan jou of enige ander persoon se rekenaar, selfoon of ander toestel wat deur jou gebruik is om vir die kompetisie in te skryf of om enige materiaal vir die kompetisie te bekom nie.

9. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat alle inligiting wat jy aan ons verskaf, korrek, volledig en op datum is.

10. Enige kostes of uitgawes wat nie betrekking het op artikels of dienste wat spesifiek by die prys ingesluit is nie, is vir jou eie rekening. MultiChoice is nie verantwoordelik vir enige kostes of uitgawes wat jy, of jou metgesel (indien van toepassing), aangaan gedurende of vir doeleindes van jou inskrywing in hierdie kompetisie of vir jou aanvaarding en/of gebruik van die prys nie.

11. Ons maak geen voorstellings en verskaf ook geen waarborge, hetsy uitdruklik of implisiet, ten opsigte van die prys nie, en in die besonder maar sonder enige beperkings, maak ons geen voorstellings en verskaf ons geen waarborg dat –
11.1. jou inskrywing vir of deelname aan die kompetisie noodwendig daartoe sal lei dat jy ’n prys wen nie;
11.2. ’n prys, of enige aspek daarvan, sal voldoen aan jou, of, indien van toepassing, jou metgesel se, behoeftes, voorkeure, standaarde of verwagtinge nie; of
11.3. ’n prys, of enige aspek daarvan, bevredigend, stiptelik, sonder defek, veilig of betroubaar sal wees nie.

12. Ons en ons geaffilieerde maatskappye sal nie verantwoordelik wees vir enige besering, skade, verlies of eis met betrekking tot die verskaffing van enige element of aspek van ’n prys of enige veranderinge aan ’n prys wat te enige tyd gemaak mag word nie.

13. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag ook nie uitgestel, verander or verruil word vir kontant of enige ander artikel nie.

14. Jy mag nie ’n prys wen indien dit onwettig vir ons is om sodanige prys aan jou te verskaf nie. Indien jy wel so ’n prys wen, sal jy dit verbeur.

15. Jy moet oor die nodige dokumente en toestemmings beskik wat vereis kan word vir jou om ’n prys te aanvaar en te gebruik. Dit sluit in, wat internasionale reise betref, ’n geldige paspoort en all die nodige visums en reisdokumentasie. Om hierdie dokumente en nodige toestemmings te verkry is jou verantwoordelikheid en vir jou eie rekening. Dit is ook jou verantwoordelikheid om te sorg dat hierdie dokumente en toestemmings geldig is in die minimum vorm en vir die minimum periode na die prysontvangsdatum soos wat deur die relevante owerhede vereis mag word.

16. Die wenners sal in kennis gestel word deur gebruik te maak van die kontakbesonderhede wat aan ons verskaf is. Indien ons, of ’n derdeparty-verskaffer, nie die wenner kan kontak binne 10 werksdae nie of as die wenner nie in staat is om die prys binne 60 dae in ontvangs te neem nie, sal die wenner die prys verbeur en behou MultiChoice die reg voor om ’n nuwe wenner onder dieselfde geldende bepalings en voorwaardes te laat trek.

17. Ons mag jou uitnooi om teenwoordig te wees wanneer die pryswenners bepaal of aangekondig word, om deel te neem aan van ons bemarkingsaktiwiteite, om in persoon in die elektroniese en/of drukmedia te verskyn, en/of om van ons produkte of dienste te onderskryf, te bemark of te adverteer sonder om enige fooi, tantième of ander vorm van vergoeding daarvoor te ontvang. Jy mag so ’n uitnodiging of versoek van die hand wys.

18. Ons mag vereis dat jy bykomstige inligting en dokumentasie aan ons verskaf, wat ons redelikerwys mag benodig om jou aanvaarding van en/of gebruik van die prys te verwerk, bevestig en moontlik te maak. Indien jy weier of versuim om die inligting of dokumentasie wat ons aanvra te verskaf, sal jy die prys verbeur.

19. Indien jy ’n prys wen wat deur ’n derdeparty-verskaffer beskikbaar gestel word, sal die verskaffer jou kontak om die afhaal van die prys te reël. In hierdie geval is jy verplig om die prys in ontvangs te neem op die dag en datum wat met die verskaffer ooreengekom is. Alle korrespondensie rakende hierdie prys moet gerig word aan die verskaffer van die prys. MultiChoice sal nie verantwoordelik of aanspreeklik wees vir enige verdere korrespondensie, besering, skade, verlies of eis met betrekking tot die verskaffing van enige element of aspek van die prys nie.

20. Ons en/of ons derdeparty-verskaffers behou die reg voor om die kompetisie en enige pryse, of enige aspek daarvan, te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer sonder kennisgewing en op enige tydstip, vir enige rede wat ons nodig vind. In die geval van so ’n wysiging, uitstelling, opskorting of kansellasie, stem jy in om af te sien van enige regte, belange en verwagtinge wat jy in terme van hierdie kompetisie mag hê en erken jy dat jy geen eisgrond teen ons, ons geaffilieerde maatskappye en derdeparty-verskaffers het nie.

21. Jy bevestig deur in te skryf dat jou deelname aan die kompetisie en jou aanvaarding en/of gebruik van ’n prys, of enige aspek daarvan, op jou eie risiko is.

22. Ons en ons geaffilieerde maatskappye sal nie verantwoordelik wees nie, en ontken alle aanspreeklikheid vir enige verlies, las, besering, uitgawe of skade (hetsy direk, indirek, toevallig, opsetlik of gevolglik) of van enige aard, ongeag of dit ontstaan as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, wat gely of veroorsaak word as gevolg van jou deelname aan die kompetisie of die aanvaarding en/of gebruik deur jou, of jou metgesel (indien van toepassing), van enige prys, of as gevolg van enige aksie onderneem deur ons of enige van ons geaffilieerde maatskappye in ooreenstemming met hierdie bepalings en voorwaardes nie.

23. Jy, en in die geval van jou sterfte, jou familie, afhanklikes, erfgename, gemagtigdes of enige ander begunstigdes van jou boedel, vrywaar en stel ons en ons geaffilieerde maatskappye skadeloos teen enige eis deur jou, of jou metgesel (indien van toepassing), (hetsy direk, indirek, toevallig, opsetlik, of gevolglik) of van enige aard, ongeag of dit ontstaan as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, betreffende enige verlies, las, besering, uitgawe of skade wat gely of veroorsaak word as gevolg van jou deelname aan die kompetisie en/of jou aanvaarding en/of jou gebruik van ’n prys.

24. Jy erken dat die aanvaarding en gebruik van ’n prys onderworpe is aan die voorbehoudsbepaling dat –
24.1 al die bepalings en voorwaardes sal geld vir jou en jou metgesel (indien van toepassing), en jy sal verseker dat jou metgesel instem om gebind te word daardeur en voortdurend te voldoen aan hierdie bepalings en voorwaardes;
24.2 jy volle verantwoordelikheid vir jou metgesel sal aanvaar;
24.3 jy ons vrywaar en ons en ons geaffilieerde maatskappye skadeloos stel teen enige eis deur jou metgesel of enige derde party indien jou metgesel enige verlies of skade ly as gevolg van jou metgesel se aanvaarding en/of gebruik van ’n prys;
24.4 enige minderjarige vergesel sal word deur ’n ouer of wettige voog.

25. Sou jy versuim of, sou jou metgesel (indien van toepassing) versuim, om te voldoen aan enige van hierdie bepalings en voorwaardes, sal jy, sonder vooroordeel ten opsigte van enige ander stappe wat ons mag neem, –
25.1 outomaties gediskwalifiseer word en sal jy die prys(e) verbeur (indien jy reeds ’n prys/pryse gewen het);
25.2 sal jy ons betaal vir enige verlies of skade gely deur ons, direk of indirek as gevolg van jou (of, indien van toepassing, jou metgesel se) nie-nakoming, insluitend al ons regskoste (wat prokureursfooie en eie kliëntkostes insluit) wat ons mag aangaan deur stappe te neem op grond van of as gevolg van jou (of jou metgesel se) nie-nakoming van hierdie bepalings en voorwaardes; en
25.3 jy vrywaar en stel ons en ons geaffilieerde maatskappye skadeloos teen enige eis deur enige persoon (hetsy direk, indirek, toevallig, opsetlik of gevolglik) of van enige aard, ongeag of dit ontstaan as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, betreffende enige sterfte, besering, verlies en/of skade wat gely mag word as gevolg van jou versuim (of dié van jou metgesel, indien van toepassing) om te voldoen aan hierdie bepalings en voorwaardes.

26. Vir doeleindes van hierdie dokument, beteken “geaffilieerde maatskappye” ons vennote, medepromotors en borge van hierdie kompetisie, ons filiale, ons en hulle filiale en hul onderskeie beherende maatskappye, en ons en hulle direkteure, beamptes, werknemers, agente en verteenwoordigers.

27. Hierdie bepalings en voorwaardes sal gekonstrueer, vertolk en afgedwing word in ooreenstemming met die kontraktereg en wetlike geskilbeslegtingsprosedures van die Republiek van Suid-Afrika.

28. MultiChoice en die beoordelaars se besluit oor enige aangeleentheid rakende hierdie kompetisie en/of voortspruitend uit hierdie bepalings en voorwaardes is finaal en bindend vir jou, en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.