Logo
Karoobewoners 1600x640 Homepage Billboard
web uni tv guide

Karoobewoners

144RealiteitPG13

seisoen

1

Karoobewoners Poster 924x1360

Daar gaan persoonlike stories gedeel word oor ‘n plek wat op die oog af lyk of dit deur die jare onveranderd gebly het. Daar gaan gekuier word by ingeburgerdes en inkommers, en kykers gaan meer uitvind oor hulle lief en leed en alledaagse bestaan in die dor en uitgestrekte Karoo. 

S1 | E13
30 Maart 21:00
'S1/E13'. Ons maak kennis met Jan Isaacs van Calvinia, ook bekend as Boeta Gammie, die 'singende spietkop' en leer meer ...

Leer ken die Karoo en sy bewoners – Karoobewoners

News
10 Desember 2020
Die Karoo is ‘n magiese plek. Enig in sy soort. ‘n Plek wat digters na die pen laat skryf en mense weer en weer laat terugkeer. Maar wat is dit aan die Karoo wat dit so spesiaal maak? 
Untitled design

In Karoobewoners, ‘n nuwe program wat van 5 Januarie om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word, gaan daar persoonlike stories gedeel word oor ‘n plek wat op die oog af lyk of dit deur die jare onveranderd gebly het. Daar gaan gekuier word by ingeburgerdes en inkommers, en kykers gaan meer uitvind oor hulle lief en leed en alledaagse bestaan in die dor en uitgestrekte Karoo. 

Die reeks skop af in Montagu waar Petrus en Liana hulle droom uitleef en hulle gesin op Kogman & Keisie grootmaak. Jacques en Hein wys ook  die pragtige 1854 Kaaps-Hollandse huis wat hulle restoureer het. 

In die tweede program kuier ons by Magpie Collective op Barrydale waar kunstenaars ‘n passie vir die omgewing en herwinning het en Ashely Janicker gaan wys waarom hulle melkskommels legendaries is. 

Rosheen Kriegler het die stadslewe vir die plaaslewe buite Calitzdorp verruil en deel haar ervaring in die derde program. Ons maak ook ‘n draai in Zoar waar die toergids en storieverteller, Alistair Reizenberg, vertel van sy passie vir taal en erfenis.

Van die ander programme in die reeks gaan fokus op die wêreldbekende keramiekkunstenaar Hylton Nel, die Prins Albert Vastrappers, Lizzy Snoek en haar tradisionele kos en ‘n paartjie wat ‘n verlate huis in ‘n oase vir kunstenaars omskep het. 

Karoobewoners is pasgemaak gemaak deur BrightRock, ‘n unieke finansiële maatskappy wat onder meer in behoefte-gerigte lewensversekering spesialiseer. 

“By BrightRock glo ons daarin om mense te help om verandering in hulle lewens te bestuur omdat ons behoeftegerigte-lewensversekering juis ontwerp is om saam met mense se lewens te verander,” sê Suzanne Stevens, adjunk-uitvoerende beampte. “Ons hou daarvan om stories te deel oor hoe mense hulle lewens aangepas en verander het omdat ons glo dat verandering nuwe geleenthede bring. Om die waarheid te sê, lyk dit of Suid-Afrikaners ‘n enorme kapasiteit vir verandering het, geleenthede raaksien en nuwe en vars maniere van dink aangryp.

“Dit alles kan nie meer waar van die mense van die Karoo wees nie. Karoobewoners deel die stories van diverse mense wat nuwe en interessante dinge doen. Dit ondersoek lewensreise, mense se gewilligheid om te verander en hoe sommige van hulle selfs internasionaal erkenning ontvang het, vanuit die stilte en afgesonderheid van die Karoo. Ons hoop kykers gaan hierdie stories so inspirerend vind soos wat ons dit vind,” sê Suzanne. 

Karoobewoners begin op 5 Januarie om 21:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

Nog Programme