Logo
Kampkos slim billboard

Zanzi se warm hoendervlerkies

10 Mei

Braai

3

Zanzi Africa het tydens ’n episode van Kampkos dié heerlike warm hoendervlerkies met gevulde knoffelbroodjies voorberei. 

Kampkos_warm_hoendervlerkies
Bestanddele

1 kg hoendervlerkies

35 g hoenderspeserye

35 g rooipeper

500 ml Dirkie-sous (Altans Durkey)

60 ml Tabasco-sous

2-4 broodrolle

75 ml Melrose-kaas

100 g kaas

30 g knoffel

30 ml botter

250 g peppadews

250 g jalapeno

Metode

Vir die hoendervlerkies:

  1. Begin deur hoendervlerkies in die hoenderspeserye, rooipeper, Tabasco (volgens smaak) en Dirkie-sous te bedek. Verseker dat hulle goed bedek is deur sommer die bak met deksel te skud.
  2. Braai hoendervlerkies tot gaar, terselfdetyd kan die vlerkies nog bedek word met die marinade om smaak te verseker. Draai vlerkies op die vuur gereeld om.

Vir die knoffelbroodjies:

  1. Begin deur die botter, knoffel en Melrose-kaas saam te roer en op die vuur te plaas totdat sous lekker roomerig word. Roer deeglik.
  2. Sny broodrol in die breedte soos ’n normale knoffelbroodjie.
  3. Vul die broodjie met die voorbereide sous, peppadews, jalapenos, en gerasperede kaas.
  4. Rol broodjie toe in foelie en plaas op vuur.
  5. Sodra dit warm is, kan dit van die vuur verwyder word.

 

Kampkos_Christia-se-pastapot
Kampkos Logo
2018-05-03

Christia Visser se hoender-alfredo-pastapot

Gewildste Resepte