Logo
Kampkos slim billboard

Stephan se nessie-eier-deluxe

Braai

3

Probeer gerus Stephan van Huyssteen se resep vir sy nessie-eier-deluxe. 

Kampkos_stephanvanhuyssteen
Bestanddele

500 g spek

500 g kaas

250 ml botter

8 snye brood

4 groot eiers

2 avokado

500 g sampioene

knoffel

Metode
  1. Begin deur spek te braai, sowel as die sampioene saam met die botter en knoffel te braai. (Verwyder sodra dit gereed is.)
  2. Neem een sny brood en gebruik ‘n glas om ’n ronde sirkel uit die brood te sny.
  3. Plaas dié snytjie op die pan en breek ’n eier oop in die holte. Verseker dat die eier gaar is deur die eier en brood om te draai. (Verwyder sodra dit gereed is.) Wenk: Die tweede snytjie brood kan ook ’n rukkie op die pan gerooster word, volgens smaak.
  4. Begin om die toebroodjie te pak, in die volgende order vanaf onder:
    1. Gewone geroosterde snytjie brood.
    2. Gebraaide spek.
    3. Gebraaide sampioene en knoffel.
    4. Gerasperde kaas.
    5. Eier-en-brood-snytjie.
    6. Plaas snye kaas om die rant van die boonste laag brood om ’n raam te vorm.
  5. Gebruik ’n Sjef Blaas-fakkel om die raam van kaas te smelt.
  6. Plaas snye avokadopeer bo-op broodjie. (Tamatie kan ook bygevoeg word.)
  7. Sout en peper waar nodig en volgens smaak.
Kampkos_warm_hoendervlerkies
Kampkos Logo
2018-05-10

Zanzi se warm hoendervlerkies

Gewildste Resepte