Logo
Kampkos slim billboard

Garnale op die kole

29 Mei

Braai

3

Tydens ’n episode van Kampkos het Pieter Koen garnale op die kole voorberei. Kry sy resep.

Kampkos_Pieter_Koen_garnale
Bestanddele

2 kg garnale groot

500 ml olyfolie

100 ml brandrissie-olie

brandrissies vars

3 suurlemoene

knoffel vars

sout

peper

visspeserye

koljander vars

2 ciabatta-brode

50 g botter

Tabasco-sous

2 knoffelbrode

Metode
  1. Begin deur seker te maak dat die garnale skoongemaak is. Indien nie, volg die volgende stappe om die garnale skoon te kry:
    • Gebruik ’n skêr om die kop van die garnaal af te sny.
    • Hou die garnaal se stert reguit en sny net van die middel af tot by die stert.
    • Gebruik ’n sosatie stokkie (of iets soortgelyk) om die “gifdermpie” uit te trek.
  2. Volgende stap is om die marinade te maak vir die garnale.
    • Plaas skoongemaakte garnale in ’n bak en bedek met die brandrissie-olie.
    • Voeg die knoffel by.
    • Sprinkel die visspeserye oor.
    • Kap die brandrissies op in klein gedeeltes; verwyder so veel as moontlik van die pitte.
    • Voeg gekapte brandrissies oor die garnale.
    • Rasper ván die suurlemoen se skil oor die garnale en voeg die suurlemoensap ook oor die garnale.
    • Voeg die botter by die marinade.
    • Kap koljander en voeg by.
    • Laat die garnale vir so 3 ure in die marinade lê en week.
  3. Plaas die garnale in die braairooster saam met suurlemoen-skywe.
  4. Braai vir sowat 5 tot 10 minute totdat die garnale gaar is.
  5. Bedien saam met lekker vars snye ciabatta, knoffelbrood en suurlemoen-skywe.

 

Simone Nortman_Kampkos
Kampkos Logo
2017-04-20

Gebraaide toffie-en-piesang-poeding

Gewildste Resepte