Logo
Kampkos slim billboard

Anrich se mossels oor die kole

Braai

4

Jy móét Anrich Herbst se mossels oor die kole-resep probeer. 

Kampkos_Anrich
Bestanddele

1 kg mossels (met skulp)

500 g broodkrummels

500 g botter

250 ml sonneblomolie

5 knoffelhuisies

200 g pietersielie

Metode

1. Begin deur die knoffel en pietersielie fyn te kap.
2. Voeg die broodkrummels, sagte botter, olie, gekapte knoffel en pietersielie in ’n bak.
3. Meng deeglik. Nog olie en botter kan by gevoeg word totdat die mengsel aanmekaar vasklou, maar tog nie te loperig is nie.
4. Nog knoffel en pietersielie kan bygevoeg word, afhangend van smaak.
5. Neem ’n lepel van die mengsel en vul die mosselskulp sodat dit die hele mossel bedek en ’n boog vorm.
6. Plaas die gevulde mossels in ’n braairooster met die skulp na onder.
7. Plaas die rooster op die vuur.
8. Die mossels is gereed wanneer die broodkrummel-mengsel ietwat bruin verkleur.
9. Bedien as voorgereg.

Kampkos-Joe-Forster-Nachos-Pizza
Kampkos Logo
21 June 2018

Joe se ‘Nachos Pizza’