Logo

Jukebox-toer: Namibië

Nuus
27 Januarie 2017
Kom wees deel van die tweede Jukebox-toer – ’n eerste in Namibië – met Pieter Koen en Willem Botha!
Jukebox Skole Namibie

Pieter Koen en Willem Botha het verlede jaar, met die eerste Jukebox-toer, die land plat gereis en oud en jonk van Virginia tot in Riversdal vermaak.

VIDEO: Die Jukebox-skoletoer, met Pieter Koen en Willem Botha, het van 20 Januarie tot 4 Februarie plaasgevind. Ons was daar om die aksie te volg.

Vanjaar het hulle egter – op groot aanvraag – besluit om, in samewerking met kykNET, kykNET NOU! en Kosmos 94.1, die pragtige Namibië en sy vriendelike mense te gaan besoek.

Pieter se splinternuwe album, Kan Nie Vra Vir Meer, is in November 2016 uitgereik. Willem se nuwe album word vroeg vanjaar uitgereik en jy
kan daarna uitsien om ’n paar van die nuwe liedjies eksklusief te hoor! Willem is deesdae ook aanbieder van die musiekprogram chatNOU!.

Trek jou dansskoene aan en maak gereed vir ’n onvergeetlike Jukebox-ervaring!

Die tweede Jukebox-toer gaan die volgende dorpe besoek:

21 Februarie: Keetmanshoop
22 Februarie: Aranos
24 Februarie: Walvisbaai
25 Februarie: Grootfontein
28 Februarie: Outjo
2 Maart: Gobabis
3 Maart: Windhoek

Besoek die Jukebox-toer se webblad vir meer.